Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober (oop kategorie) projek – 1 Okt tot 31 Okt 2016

In feesviering saam met INK se eerste gala-aand, is hierdie maand se projek totaal ‘n oop kategorie.
Jy kan oor enige onderwerp skryf, in enige vorm en volgens jou eie reëls. Dit is die maklikste projek tot nou en die projekbestuur sal graag alle lede wil uitnooi om hieraan deel te neem.

Met die aanbreek van Oktober, wil ‘n digters-/skrywershart by willekeur vir Leipoldt onthou. ‘Viooltjies in die voorhuis, Viooltjies blou en rooi..’ eggo deur ons gemoed en kan mens nie anders as om die ou meesters te onthou nie. Hulle ongelooflike bydrae tot die Afrikaanse skat is ongekend en herinner ‘n weerlees van sommige verse ons aan die stryd wat toe, soos nou, gestry word om die taal in poësie te verewig.

Dit is nie net ‘n talent nie, maar die grootste voorreg om onsself as digters en skrywers uit te druk en lewe te gee aan iets wat maklik dood op papier kon wees. Daar behoort ‘n feesviering te wees elke keer as ‘n versmaker pen teen papier sit; ‘n opgewondenheid behoort te borrel totdat die mooiste woordordes die oop spasies vul.

Skryf in Afrikaans – dit maak sin!
Projekbestuurder

WOORDE WAT VLIEG

Deur Datum gepubliseer: 12 Oktober 2016 5

WOORDE WAT VLIEG

Helder soos die son, slaan goudgeel uit ’n geveerde lyf.
Blink bou bloed in die inkaar van ’n pen wat wil skryf.
Onrustig hou die swart ogies die hemelruim dop.
Groei ’n gedagte tot woorde wat vermeerder en opkrop.
Die geel vlerkies word gesprei, sy pootjies trippeldans.
Woorde…

IN AMETIS

Deur Datum gepubliseer: 12 Oktober 2016 9

“Ametis” het jy gesê

toe rinkel klank
soos klippieklokkies
deur my lyf
en kleur my wêreld pers en violet

en op daardie oomblik
breek die dag se grou
en word ‘n vonkeluur
vol lank gelede se onthou.

*

Pa leun teen die deurkosyn
in sy hand, ‘n bruin kardoes.

Ek laat die steentjies tuimel
in ‘n hopie op my bed
en stryk dit…

….FRATS-ONGELUK BY STRAAT 9….

Deur Datum gepubliseer: 10 Oktober 2016 11

Dit was net so diskant sewe toe Peter die oproep kry, en die ongelukkige nuus in sy harde hart in vat.
“Meneer Du Preez daar was ‘n ongeluk, Debra het gesit dat ons haar hare doen vir julle huweliksherdenking vanaand, sy het te lank met die ding op haar…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 98 gaste aanlyn

Bydrae Totale