Jongste aktiwiteit:

ProjekteOktober (oop kategorie) projek – 1 Okt tot 31 Okt 2016

In feesviering saam met INK se eerste gala-aand, is hierdie maand se projek totaal ‘n oop kategorie.
Jy kan oor enige onderwerp skryf, in enige vorm en volgens jou eie reëls. Dit is die maklikste projek tot nou en die projekbestuur sal graag alle lede wil uitnooi om hieraan deel te neem.

Met die aanbreek van Oktober, wil ‘n digters-/skrywershart by willekeur vir Leipoldt onthou. ‘Viooltjies in die voorhuis, Viooltjies blou en rooi..’ eggo deur ons gemoed en kan mens nie anders as om die ou meesters te onthou nie. Hulle ongelooflike bydrae tot die Afrikaanse skat is ongekend en herinner ‘n weerlees van sommige verse ons aan die stryd wat toe, soos nou, gestry word om die taal in poësie te verewig.

Dit is nie net ‘n talent nie, maar die grootste voorreg om onsself as digters en skrywers uit te druk en lewe te gee aan iets wat maklik dood op papier kon wees. Daar behoort ‘n feesviering te wees elke keer as ‘n versmaker pen teen papier sit; ‘n opgewondenheid behoort te borrel totdat die mooiste woordordes die oop spasies vul.

Skryf in Afrikaans – dit maak sin!
Projekbestuurder

In Brackenfell se middedorp – langs die spoorlyn – is ‘n vlei waar rommel tussen riete rus en roomwit Aronskelke aan die modderwal gedy. Daar lê wolke op die horison wat van grou na goud skakeer en die grysheid van die blouberg wys – hier en daar – in krans of piek daardeur. Dis ‘n […]

Onthou in my oudheid hoe nuut ek was vind myself blink in ‘n ander era pas. Eens het ‘n spieël op my gerus nou hou my werkblad woorde vas, Meer van jouself sal jy nou sien, want woorde weerkaats jou hart dus is die spieël uitgedien. Ontbloot myself afgeskuur, langs die les-senaar vind in lyne […]

“Mnr. Neil moet vir hom cinnamon oil kry; daai goed is goed vir die bors…” Herbert P. Adams is ‘n lang, skraal, sestigjarige gryskopman met baie merke op sy kerfstok en tronktattoes om dit te bewys. Herbert is ‘n huislose straatbewoner van die die Kaap se onderdorp, maar met sy keur van Afrikaanse taalgebruik, kon […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed