Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober (oop kategorie) projek – 1 Okt tot 31 Okt 2016

In feesviering saam met INK se eerste gala-aand, is hierdie maand se projek totaal ‘n oop kategorie.
Jy kan oor enige onderwerp skryf, in enige vorm en volgens jou eie reëls. Dit is die maklikste projek tot nou en die projekbestuur sal graag alle lede wil uitnooi om hieraan deel te neem.

Met die aanbreek van Oktober, wil ‘n digters-/skrywershart by willekeur vir Leipoldt onthou. ‘Viooltjies in die voorhuis, Viooltjies blou en rooi..’ eggo deur ons gemoed en kan mens nie anders as om die ou meesters te onthou nie. Hulle ongelooflike bydrae tot die Afrikaanse skat is ongekend en herinner ‘n weerlees van sommige verse ons aan die stryd wat toe, soos nou, gestry word om die taal in poësie te verewig.

Dit is nie net ‘n talent nie, maar die grootste voorreg om onsself as digters en skrywers uit te druk en lewe te gee aan iets wat maklik dood op papier kon wees. Daar behoort ‘n feesviering te wees elke keer as ‘n versmaker pen teen papier sit; ‘n opgewondenheid behoort te borrel totdat die mooiste woordordes die oop spasies vul.

Skryf in Afrikaans – dit maak sin!
Projekbestuurder

Oggendrit – terwyl jy slaap (lentegedig vir Klarissa – 2016)

Deur Datum gepubliseer: 29 May 2017 7

In Brackenfell se middedorp
– langs die spoorlyn – is ‘n vlei
waar rommel tussen riete rus
en roomwit Aronskelke
aan die modderwal gedy.

Daar lê wolke op die horison
wat van grou na goud skakeer
en die grysheid van die blouberg
wys – hier en daar –
in krans of piek daardeur.

Dis ‘n ver pad tot by…

‘n Vinnige versie (1)

Deur Datum gepubliseer: 31 October 2016 9

een oggend word jy wakker
in die nag se donker uur
daar waar duister jou kasty
in die lang minute
tussen drie en net voor vier

jy weet die dagbreek kom al nader
en teen 5-uur maak die son al elders lig

jy skakel jou tablet aan . . .
en…

Antiek

Deur Datum gepubliseer: 31 October 2016 10

Onthou in my oudheid
hoe nuut ek was
vind myself blink
in ‘n ander era pas.

Eens het ‘n spieël op my gerus
nou hou my werkblad woorde vas,
Meer van jouself sal jy nou sien,
want woorde weerkaats jou hart
dus is die spieël uitgedien.

Ontbloot myself afgeskuur,
langs die…

Gebruikers Aanlyn

including 2 members, 92 guests online

Bydrae Totale