Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober 2019 projek – Kleur

Die deurlopende tema vir Oktober se projek is as volg:
1. Kies enige kleur en beeld die kleur uit in jou skryfstuk.
2. Moenie die kleur se naam op enige plek gebruik nie, maar maak van suggestie gebruik. Skets vir die leser ‘n prentjie in hierdie kleur.
3. Versterk jou skryfstuk deur van sinestesie gebruik te maak.
• Gedigte:
Nie langer as 16 versreëls nie.
• Verhale:
Nie meer as 600 woorde nie.
• Rubrieke:
Wend humor in jou skryfstuk aan.
Nie meer as 300 woorde nie.
• Artikels:
Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.
Nie meer as 200 woorde nie.
Groete
Ink-Moderator
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Gebede en wense

Deur Datum gepubliseer: 23 Oktober 2019 1

Ek skryf vandag vir my pa ‘n brief, ‘n brief hemel toe. Hy bly nou op ‘n beter plek ver weg van die woeste aarde, ek skryf met ‘n hartseer hart.

Liewe pa

“Hoop dit gaan goed met jou, voel snaaks om die brief te skryf want dit was altyd…

Sonsak oomblikke

Deur Datum gepubliseer: 23 Oktober 2019 3

in die skadu’s van die Outeniqua
het die son skaam in oker
oor bergkranse gebloos
terwyl wegkruipskadu’s
pendule in apostelgelid
onder die wind se
penniefluitklanke
van gisterdinge

© Anzé Bezuidenhout

https://www.litnet.co.za/sonsak-oomblikke/

jacobsbaai

Deur Datum gepubliseer: 22 Oktober 2019 3

op die drempel van die see
weg gesteek in ‘n hoekie
lê daar ‘n pragtige baai
met ‘n strandmeer
wat getuig van
ewige getye
laag en hoog
vorm dit ‘n boog
van blou water golwe
wat met wit kruine troon
oor rotse wat die baai soom

©Teárlach

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 24 gaste aanlyn

Bydrae Totale