Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober 2018 projek

Beste INKers

Hierdie maand wil ek julle initiatief toets.

Opdrag soos volg:

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig oor enige onderwerp maar in ‘n digvorm waarvan jy nog nooit voorheen as publikasie op INK gebruik gemaak het nie. Vryeverse, by definisie word dus uitgesluit tensy jy nog NOOIT een op INK geskryf het nie. Die basiese digreëls is van toepassing. Toon aan (tussen hakies), aan die einde van jou gedig van watter digvorm jy gebruik gemaak het.

VERHAALSKRYWERS:
In Oktober 1908, het die eerste Model T Ford op die mark gegaan. Skryf ‘n vonkverhaal in minder as 400 woorde in ‘n verbeeldingsreis asof jy een van die kopers was van een van die eerste Ford motors. Dit mag in enige genre (komies of nie) aangebied word.

ARTIKELSKRYWERS:
In Oktober 1863, proklameer Lincoln die laaste Donderdag in November as “Dankseggingsdag” in Amerika. Skryf ‘n artikel (onthou ‘n artikel is feitlik) oor die ontstaan, motivering en gebruike van hierdie dag. 400 woorde maksimum.

RUBRIEKSKRYWERS:
In Oktober 1181 is St. Francis van Assisi gebore. Hy stig die Orde van Franciscus en leer en filosofeer oor verskeie gedagtes. Skryf ‘n rubriek (onthou ‘n rubriek is ‘n persoonlike mening of aanslag) oor wat jy dink die deurslag van sy leringe was en hoe jy daarmee saamstem of verskil. 400 woorde maksimum.

GORRELSKRYWERS:
Gee ‘n opinie oor die werksaamhede en wyse waarop opdragte in die projekte voorgestel word. Gebruik ook die geleentheid om voorstelle te maak oor moontlike tema’s vir die toekoms. 400 woorde maksimum.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans want die taal lewe.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Die gemeste kalkoen

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2018 4

Augustus 1620 het die Mayflower, ‘n 180-ton skip met 102 passasiers vanuit Engeland na Amerika vertrek. Weens onstuimige weer en sterk winde het hierdie skip aan die kus van Massachusetts (Cape Cod), anker gegooi, i.p.v. by die kus van Virginia waar ander kolonies reeds gevestig was. Die maande daarna…

tappeserie

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2018 4

ver oor die duinevlaktes
ver oor die diep blou see
daar waar horison keep
skepe oor rand verdwyn
waar misbanke opstaan
en maan oplaas gaan lê

oor my duin se hittegolwe
verrys daar vurige ridders
wat laag oor golwe skeer
skreeuend en krassende
krygsliedere wapperend
op die wind se vlae…

Liefde is … St. Francis van Assisi

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2018 4

Al lees mens net die woorde van die lied van St. Francis van Assisi, kom mens gou agter dat dit iemand was wat groot deernis en empatie vir sy medemens gehad het, iemand wat bereid was om die ekstra myl te stap om die lewe vir ‘n ander effens…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 35 gaste aanlyn

Bydrae Totale