Jongste aktiwiteit:

ProjekteOktober 2017 – Fees projek

Hierdie maand pak ons die snelsonnet aan.
In die digterskategorie is die opdrag:
Skryf ‘n snelsonnet met die volgende tema: Fees / Dis ‘n fees / Die lewe is ‘n fees.
Aangeheg is inligting aangaande die reëls vir ‘n snelsonnet.

In die verhale afdeling is die opdrag:
Skryf ‘n vonkfiksie (nie meer as 400 woorde) met die volgende tema:
Fees / Dis ‘n fees / Die lewe is ‘n fees.
WOORDTELLINGS MOET langs die tema van jou storie geplaas word.
Die titel maak nie deel van jou 400 woorde nie.

In die rubriek afdeling is die opdrag:
Skryf ‘n artikel (soos in jou gunsteling tydskrif) oor enige Afrikaanse kunstefees met werkbare en ware inligting. Jy hoef nie self al hierdie feeste begewoon het nie, maar kan ‘n algemene rubriek skryf om dit te bemark.

Lekker skryf
Projekbestuurder.

Reëls vir ‘n Snelsonnet
Om ’n snelsonnet te wees, moet die gedig voldoen aan hierdie volgende kriteria:
• Dit bestaan altyd uit een kwatryn (4 reëls), gevolg deur ’n koeplet (2 reëls).
• As metrum dien die vyfvoetige jambe (10 klankgrepe, afwisselend onbeklemtoon en beklemtoon).
• Die rym van die kwatryn = ‘omarmend’ (rymskema: A-B-B-A).
• De reëls van die koeplet rym met mekaar (rymskema: C-C) maar nooit met één van die klanke wat reeds as eindrym in die kwatryn gebruik is nie.
• Na die laaste sin van die kwatryn volg ’n stilte, sodanig dat die koeplet die stelling in die kwatryn relativeer.
Voorbeelde:
1.Probeer is die beste geweer
Met moedersmelk, op skool en vadersknie
het ek geleer wat vorm jou murg en bloed:
staan vas, hou uit, hou aan, geduld en moed.
Geen vraag of dit aanwesig was of nie …
Ek hoop die ‘pledge’ van reënboognasieland
bring meer as mag, korrupsie, sent en rand.
(estelleke)

2.Sabbatsjaar
Na ploeg by kwasi-akademici
kom handskoenjubelnuus en nuwe lus.
Swoeg sewe jaar hierna en snak na blus:
wie leer? wie onderrig? nie seker nie …
Die oes word ryp vir goue akkerblaar:
die rus is elders, dalk nóg hier nóg daar.
(estelleke)

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed