Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober 2017 – Fees projek

Hierdie maand pak ons die snelsonnet aan.
In die digterskategorie is die opdrag:
Skryf ‘n snelsonnet met die volgende tema: Fees / Dis ‘n fees / Die lewe is ‘n fees.
Aangeheg is inligting aangaande die reëls vir ‘n snelsonnet.

In die verhale afdeling is die opdrag:
Skryf ‘n vonkfiksie (nie meer as 400 woorde) met die volgende tema:
Fees / Dis ‘n fees / Die lewe is ‘n fees.
WOORDTELLINGS MOET langs die tema van jou storie geplaas word.
Die titel maak nie deel van jou 400 woorde nie.

In die rubriek afdeling is die opdrag:
Skryf ‘n artikel (soos in jou gunsteling tydskrif) oor enige Afrikaanse kunstefees met werkbare en ware inligting. Jy hoef nie self al hierdie feeste begewoon het nie, maar kan ‘n algemene rubriek skryf om dit te bemark.

Lekker skryf
Projekbestuurder.

Reëls vir ‘n Snelsonnet
Om ’n snelsonnet te wees, moet die gedig voldoen aan hierdie volgende kriteria:
• Dit bestaan altyd uit een kwatryn (4 reëls), gevolg deur ’n koeplet (2 reëls).
• As metrum dien die vyfvoetige jambe (10 klankgrepe, afwisselend onbeklemtoon en beklemtoon).
• Die rym van die kwatryn = ‘omarmend’ (rymskema: A-B-B-A).
• De reëls van die koeplet rym met mekaar (rymskema: C-C) maar nooit met één van die klanke wat reeds as eindrym in die kwatryn gebruik is nie.
• Na die laaste sin van die kwatryn volg ’n stilte, sodanig dat die koeplet die stelling in die kwatryn relativeer.
Voorbeelde:
1.Probeer is die beste geweer
Met moedersmelk, op skool en vadersknie
het ek geleer wat vorm jou murg en bloed:
staan vas, hou uit, hou aan, geduld en moed.
Geen vraag of dit aanwesig was of nie …
Ek hoop die ‘pledge’ van reënboognasieland
bring meer as mag, korrupsie, sent en rand.
(estelleke)

2.Sabbatsjaar
Na ploeg by kwasi-akademici
kom handskoenjubelnuus en nuwe lus.
Swoeg sewe jaar hierna en snak na blus:
wie leer? wie onderrig? nie seker nie …
Die oes word ryp vir goue akkerblaar:
die rus is elders, dalk nóg hier nóg daar.
(estelleke)

Genadefees

Deur Datum gepubliseer: 25 Oktober 2017 3

hier word die nagmaal bedien
dis die fees van die genooides
die boemelaars en on-erkendes
wyn en brood gratis voorsien

uitgestorte genade onbeperk
ook vir die sonder kerk

© Anzé Bezuidenhout

Fees van kleure

Deur Datum gepubliseer: 24 Oktober 2017 3

Elke kleur skryf ‘n verhaal
jy is die rooi in sonsondergang
ek is hier om al die mooi vas te vang
so word ‘n storie  vertel met elke kwashaal

dit is ‘n fees
om deel van hierdie skildery te kan wees

Liefdes fees

Deur Datum gepubliseer: 23 Oktober 2017 2

Soos klein vuurvliegies in ‘n ry
in die dieptes van die donker nag
het my hart na jou gesmag
jy’s die wind, die maan en sterreliggies vir my

Jy laat my wêreld verkleur
soos die sterre blink en die son se rooi gloei
hoe ons harte so kan…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 16 gaste aanlyn

Bydrae Totale