Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

November projek – ‘n Stem vir Gesondheid – 1 Nov tot 30 Nov 2016

Die stem van die digter / skrywer is seker een van die oudste en magtigste sosiale wapens waarmee ons samelewing te doen het. Die digter / skrywer gebruik hul stem om verandering te bring en daarom is hierdie maand se opdrag: ‘n Stem vir Gesondheid.

November maand word gekenmerk deur ‘n veldtog genaamd ‘Movember’ waar mense die lig op kanker laat skyn.

Ons wil graag hê die digters moet ‘n gedig skryf in ‘n Engelse Sonnet-vorm waarin jy ‘n siektetoestand aanspreek wat jou na aan die hart lê. Bv. Kanker, Alzheimers ens.

Die skrywers kan iets oor ‘n siektestoestand wat jou na aan die hart lê skryf.

Engelse sonnet / ShakespearSonnet (14 reels, 4 strofes 3 x 4 en slot net 2)
Hierdie digvorm het 14 versreëls .
Die beskrywing word geplaas in reëls 1-12
Die inhoud word gewoonlik verdeel in 3 kwatryne ( 3 strofes van 4 reëls elk )
Die wending/ of verandering/ of ommekeer is in reël 13.
Die verinniging of verdieping is in die laaste koeplet ( strofe van 2 reëls ) in reëls 13 -14.
Die vaste rympatroon van die Engelse sonnet is abab cdcd efef gg.
sonnette se versreëls is dikwels korter/ meer beknop ( die klassieke sonnette het net 5 versvoete/ 10 lettergrepe elk

Dit klink effe neerslagtig, maar dit is ‘n nodige proses waaraan elke digter / skrywer behoort deel te neem.

Ons daag elkeen uit om hierdie uitdaging te aanvaar en te wys wat daar in julle stem, én pen steek.

Skryf in Afrikaans – dit maak sin!
Projekbestuurder

Alsheimer’s, demensie en verlies van geheue

Deur Datum gepubliseer: 26 November 2016 9

Twee doodsgordyne wat eens oë was
verstar sielloos, sienloos verby my blik
en eens se lewensglans word dowweglas,
tydsamig-gou tot onbegrip verstrik…

Verward, verdwaal, het ek toe haar gevind
(met min onthou!) in son se bloedig’ heet,
haar kaak geklemd en hare ongebind,
die rug verkrom …my en my naam…

Plaveisel Karsinoom (Kanker)

Deur Datum gepubliseer: 26 November 2016 18

Plaveisel karsinoom (KANKER)

Soos diep verrotting in ‘n boom se stam
weggesteek agter bas en blaar
elke sel geskeer onder dieselfde kam
die gif gesaai, vloeïend deur elke aar

gekweek in die dieptes van ‘n donker hel
sy lyf in ‘n bodemlose put van pyn gegooi
is weer-eens ‘n trotse…

OUMA SE DROOM

Deur Datum gepubliseer: 26 November 2016 18

Dis nog vroeg en ek is dik deur die slaap. Ek staan seker al ‘n kwartuur lank onder die stort in die hoop om wakker te word, maar die warm water maak my net lomerig en lus om terug te klim in my bed. Hoekom alweer ek? Die onsmaaklike…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 36 gaste aanlyn

Bydrae Totale