Jongste aktiwiteit:

ProjekteNovember projek – ‘n Stem vir Gesondheid – 1 Nov tot 30 Nov 2016

Die stem van die digter / skrywer is seker een van die oudste en magtigste sosiale wapens waarmee ons samelewing te doen het. Die digter / skrywer gebruik hul stem om verandering te bring en daarom is hierdie maand se opdrag: ‘n Stem vir Gesondheid.

November maand word gekenmerk deur ‘n veldtog genaamd ‘Movember’ waar mense die lig op kanker laat skyn.

Ons wil graag hê die digters moet ‘n gedig skryf in ‘n Engelse Sonnet-vorm waarin jy ‘n siektetoestand aanspreek wat jou na aan die hart lê. Bv. Kanker, Alzheimers ens.

Die skrywers kan iets oor ‘n siektestoestand wat jou na aan die hart lê skryf.

Engelse sonnet / ShakespearSonnet (14 reels, 4 strofes 3 x 4 en slot net 2)
Hierdie digvorm het 14 versreëls .
Die beskrywing word geplaas in reëls 1-12
Die inhoud word gewoonlik verdeel in 3 kwatryne ( 3 strofes van 4 reëls elk )
Die wending/ of verandering/ of ommekeer is in reël 13.
Die verinniging of verdieping is in die laaste koeplet ( strofe van 2 reëls ) in reëls 13 -14.
Die vaste rympatroon van die Engelse sonnet is abab cdcd efef gg.
sonnette se versreëls is dikwels korter/ meer beknop ( die klassieke sonnette het net 5 versvoete/ 10 lettergrepe elk

Dit klink effe neerslagtig, maar dit is ‘n nodige proses waaraan elke digter / skrywer behoort deel te neem.

Ons daag elkeen uit om hierdie uitdaging te aanvaar en te wys wat daar in julle stem, én pen steek.

Skryf in Afrikaans – dit maak sin!
Projekbestuurder

Gedigte afdeling: 1.Anzé Bezuidenhout met Guillain-barré 2.Anzé Bezuidenhout met Genade van ‘n insulien naal’ 3.Koekekranka met Alsheimer’s, demensie en verlies van geheue Algemeen / Gorrel: 1.Agie met Liewe Pa Rubrieke agdeling: 1.Arnold van Zyl met Ek bly nog ‘n vrou Verhale afdeling: 1.Helena Mellet met Ouma se drome Baie geluk aan hierdie 5 digters/skrywers!

Twee doodsgordyne wat eens oë was verstar sielloos, sienloos verby my blik en eens se lewensglans word dowweglas, tydsamig-gou tot onbegrip verstrik… Verward, verdwaal, het ek toe haar gevind (met min onthou!) in son se bloedig’ heet, haar kaak geklemd en hare ongebind, die rug verkrom …my en my naam vergeet! “Kom help, ek soek […]

Plaveisel karsinoom (KANKER) Soos diep verrotting in ‘n boom se stam weggesteek agter bas en blaar elke sel geskeer onder dieselfde kam die gif gesaai, vloeïend deur elke aar gekweek in die dieptes van ‘n donker hel sy lyf in ‘n bodemlose put van pyn gegooi is weer-eens ‘n trotse Seder neergefel geluidloos jou vernietigingswerk […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed