Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

November 2020 – Samesyn projek

Beste INKers

Voor ons nog werklik kan weet want ons getref het, het November vir aangebreek. Dit was ‘n jaar soos geen ander een nie; almal is inperkingsvoos, bekommerd oor hoe die toekoms daaruit gaan sien en hoe die beheervrate die saak verder gaan bestuur.

Ek wil voorstel ons beweeg weg van die onaangename onderwerp hierdie maand en spits ons toe op die feestelikhede wat eersdaags gaan begin.

OPDRAG:
Digters: Skryf ‘n gedig wat nie 16 versreëls  oorskrei nie.
1. Die onderwerp is “Die samesyn”
2. Jy mag nie die opdrag as titel vir jou vers gebruik nie.
3. Jy mag die opdrag op welke manier interpreteer en aanbied.
4. Sluit een neologisme in.

Rubriekskrywers:
1. Die onderwerp is “Die samesyn
2. Nie meer as 800 woorde nie.
3. Dui jou woordtelling aan.
4. Jy mag die onderwerp op welke manier interpreteer en aanbied.
5. Sluit sinonieme en nuwe woorde in.

Artikelskrywers:
1. Die onderwerp is “Die samesyn
2. Nie meer as 800 woorde nie.
3. Dui jou woordtelling aan.
4. Jy mag die onderwerp op welke manier interpreteer en aanbied.
5. Sluit sinonieme en nuwe woorde in.

Gorrelskrywers:
1. Die onderwerp is “Die samesyn
2. Nie meer as 800 woorde nie.
3. Dui jou woordtelling aan.
4. Jy mag die onderwerp op welke manier interpreteer en aanbied.
5. Sluit sinonieme en nuwe woorde in.

Verhaalskrywers:
1. Die onderwerp is “Die samesyn
2. Nie meer as 1500 woorde nie.
3. Dui jou woordtelling aan.
4. Jy mag die onderwerp op welke manier interpreteer en aanbied.
5. Sluit sinonieme en nuwe woorde in.
Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Uitgeput (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2020 2

Uitgeput

Sy’t gereeld gekom vir haar sknouerpyn:
daardie vaag omskrewe plek –
nóg skouer, nóg nek.

Ek’t getrou gevryf aan haar sknouerpyn
en peinsend probeer peil
wat presies haar só opkeil.

Maar ál wat verdwyn was haar sknouerpyn.
Want het beide van ons nie tog maar geweet nie:
verlange is geensins ‘n…

vervulling (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2020 Hou van

jy het die plekkies
wat altyd tevrede-leeg
binne my gelê het
kom vul

my hart gered
van ‘n bodemlose bestaan
sonder kant of wal

jy vul my holtes
die bolling van my seile
jy laat my reis en tuiskom

en wanneer ek toon-staan teen jou
gekoester deur jou
hartklop-teen-my-wang

pols die volheid van…

lied van ons saamwees (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2020 Hou van

vir jou het ek ʼn sonneblom
gebêre in my Bybel
daar waar ek jou naam
skryf in ons liefde gehul
ons lied komponeer ons
met meesleurende melodie
en helende harmonie
kom wals met my my lief
as ons die lirieke laat lewe
dan tango ons saam op maat

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 92 gaste aanlyn

Bydrae Totale