Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

November 2019 projek – Laat-lente

Beste INKers,
Wat ‘n aangename voorreg om weer by INK as Moderator betrokke te wees. Na ‘n Sabbatsreis van ‘n paar maande is die gees versterk en sien ek uit om weer by julle wonderlike kuns betrokke te raak.
Aangesien ons by die voorlaaste maand van die jaar is, is die projek tema hierdie maand “Laat-lente”.

Al die kategorieë moet dit as tema gebruik.
1. DIGTERS: Skryf ‘n 16 lyn, 4 strofe gedig.
Geen voorskrifte oor rympatrone.

2. VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n liefdesstorie met die bogenoemde tema.
800 – 1200 woorde.
Dui woord telling aan.

3. RUBRIEK/ARTIKELSKRYWERS:
Gebruik die tema.
Nie meer as 800 woorde nie.

4. GORRELS:
Gebruik die tema.
Minder as 800 woorde.

Dit gaan ‘n voorreg wees om weer aan julle uitsonderlike talent te deel.

Afrikaanse groet
INKMODERATOR

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE
REëLS

Uitslae sal van nou af 30 dae ná afsnydatums op Ink beskikbaar wees. Ons het hierdie besluit geneem omrede die Ink-moderators met beperkte tyd hierdie splinternuwe diens aan Ink-lede lewer.

LAAT-LENTE ALLEEN

Deur Datum gepubliseer: 25 November 2019 2

“Ek het lank gesoek, om myself in jou te vind”

Sag sluip sy deur jou are
drup, drup saam jou jare
tussen lewe en dood
bewe haar asem
lewend oor jou lyf
sy weet dis soms verkeerd
om eg te wees
veral wanneer haar hande
verkeerdom soek na jou siel

miskende vrou

Deur Datum gepubliseer: 24 November 2019 2

te lank was jy ‘n wurm
kruipende voor hom
gehang aan ‘n spindraad
papie verstrik in ‘n kokon

te lank was ons nie-siendes
gesus in ons winterslaap
ons ore horende doof
om jou kreet te hoor

jy was geslaan met stomheid
maar nou is dit jou tyd
dat lente ook vir…

Laat lente se klanke

Deur Datum gepubliseer: 21 November 2019 4

Laat lente is net voor somer. Die rypwordingstyd van plante wat hul kleur uitstoot. Tot daardie wonder wanneer hul in volle blom hul kleur en geur ten toon sal stel. ‘n Heugelike gebeurtenis wat so onder ons neuse gebeur. Dit kruip al nader, omhul jou gemoed en word deel…

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 70 gaste aanlyn

Bydrae Totale