Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

NAJAARSBLOM PROJEK (1 Julie – 31 Julie 2016)

Digters: Skryf ‘n 14 lyn gedig, daar is geen voorskrifte aan die rympatroon nie. 4 strofe (4 lynex4 lyne x4 lyne x2 lyne) gedig waar die eerste lyn in die eerste strofe en die 2de laaste lyn in die laaste strofe herhalend is.

M.a.w. die eerste lyn van u gedig moet in die tweede laaste sin van die laaste strofe herhaal word. Soos in die voorbeeld kan u gebruik maak van ‘n woord vóór of na die ‘opdraggsin’. Sien die voorbeeld aangeheg.
Tweede opdrag: gebruik die woord ‘najaarsblom’ in u gedig op enige plek soos verkies.
Daar is geen spesifieke tema nie.

Jy lewer jou najaarsblom
in tongkwashale
teen die muurwande van my oor
waar ek jou mooi, altyd hoor

ek dien op die balke
van die woordsimfonie
wat agter uit jou keel
en van diep uit jou hart vir my kom

daar is die sagter
en minder bedaarde klanke
wat my kalm striem
in die oop spasies tussen ons

Voorwaar, jy lewer jou najaarsblom
oop in jou hande, nét vir my.

Ander afdelings: Skryf iets waar die woord “najaarsblom” sinvol aangewend word.

Skryf in Afrikaans, dit maak sin!
PROJEKBESTUUR

Najaarsblom projek (1 Julie – 31 Julie 2016)

Deur Datum gepubliseer: 1 Julie 2016 15

Digters:
Skryf ‘n 14 lyn gedig, daar is geen voorskrifte aan die rympatroon nie. 4 strofe (4 lynex4 lyne x4 lyne x2 lyne) gedig waar die eerste lyn in die eerste strofe en die 2de laaste lyn in die laaste strofe herhalend is.

M.a.w. die eerste lyn van u gedig moet…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 54 gaste aanlyn

Bydrae Totale