Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Menseregte en Morele Wysheid- Maart 2017 projek

Aangesien ons die maand betree waarin elke Suid Afrikaner sy of haar mensereg en morele wysheid kan vier het ons dit goed gedink om dit as onderliggende tema te gebruik vir hierdie maand se projek.

Die reëls om hieraan deel te neem:

1.Daar is geen spesifieke titel of tema nie maar dit moet onderliggend aan die konsep van menseregte en morele wysheid raak. Dit is van nature dat skrywers dit verskillend sal interpreteer en verwoord en ons wil dit juis aanmoedig.

2. In die geval van ‘n gedig inskrywing moet dit die vorm van ‘n Haikoe aanneem. Hieronder ‘n kort verduideliking hoe ‘n haikoe lyk:

‘n Haikoe is tradisioneel ‘n Japannese digvorm, wat uit drie reëls en sewentien lettergrepe bestaan. Die reëls is ook streng sillabies, naamlik vyf, sewe en weer vyf. Hierdie digvorm het in die dertiende eeu in ’n Japanse klooster ontstaan, waar monnike van die Zen-Boeddhisme dit as ’n speletjie beoefen het om te kyk of hulle so veel as moontlik in so min woorde as moontlik kan sê.

3. Indien jy in die kortverhaal of gorrel afdelings deelneem is jou taak net om die tema van menseregte en morele wysheid (op watter wyse ookal) aan te spreek.

4. Die dig-afdeling sal streng aan die Haikoe kriteria gemeet word.

Ek daag almal uit om hier aan deel te neem. Dit is baie leersaam terwyl dit ongekende plesier bring as mens dit reg kry.
As voorbeeld plaas ek graag vir julle ‘n eie poging.

Haikoe
Soos paal bo water
voorregte staan nooit alleen
sonder onus nie
© im

Lekker skryf

Projekbestuur

Stilgeboorte

Deur Datum gepubliseer: 25 Maart 2017 6

steenkool, olie, roet
verswelg ryk aardse lewe
– besoedelingsvrug

© Carma Shaw
26 Maart 2017

Brandstigting

Deur Datum gepubliseer: 25 Maart 2017 4

rook veblind die oog
vlammende vure verwoes
– môre brand tot as

© Carma Shaw
25 Maart 2017

Op dowe ore

Deur Datum gepubliseer: 25 Maart 2017 3

hoor, hoor! swaardswaaiers
ons wêreld se kinders ween
– bloed aan jul hande

© Carma Shaw
25 Maart 2017

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 23 gaste aanlyn

Bydrae Totale