Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Menseregte en Morele Wysheid- Maart 2017 projek

Aangesien ons die maand betree waarin elke Suid Afrikaner sy of haar mensereg en morele wysheid kan vier het ons dit goed gedink om dit as onderliggende tema te gebruik vir hierdie maand se projek.

Die reëls om hieraan deel te neem:

1.Daar is geen spesifieke titel of tema nie maar dit moet onderliggend aan die konsep van menseregte en morele wysheid raak. Dit is van nature dat skrywers dit verskillend sal interpreteer en verwoord en ons wil dit juis aanmoedig.

2. In die geval van ‘n gedig inskrywing moet dit die vorm van ‘n Haikoe aanneem. Hieronder ‘n kort verduideliking hoe ‘n haikoe lyk:

‘n Haikoe is tradisioneel ‘n Japannese digvorm, wat uit drie reëls en sewentien lettergrepe bestaan. Die reëls is ook streng sillabies, naamlik vyf, sewe en weer vyf. Hierdie digvorm het in die dertiende eeu in ’n Japanse klooster ontstaan, waar monnike van die Zen-Boeddhisme dit as ’n speletjie beoefen het om te kyk of hulle so veel as moontlik in so min woorde as moontlik kan sê.

3. Indien jy in die kortverhaal of gorrel afdelings deelneem is jou taak net om die tema van menseregte en morele wysheid (op watter wyse ookal) aan te spreek.

4. Die dig-afdeling sal streng aan die Haikoe kriteria gemeet word.

Ek daag almal uit om hier aan deel te neem. Dit is baie leersaam terwyl dit ongekende plesier bring as mens dit reg kry.
As voorbeeld plaas ek graag vir julle ‘n eie poging.

Haikoe
Soos paal bo water
voorregte staan nooit alleen
sonder onus nie
© im

Lekker skryf

Projekbestuur

WENNERS: – Menseregte en morele wysheid Maart projek

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2017 7

Baie geluk aan die wenners, lede moet asb. ook daarop let dat die reëls van ‘n Haikoe bepaal dat daar nie ’n titel moet wees nie, maar aangesien INK dit vereis om ’n titel te plaas gaan dit oorgesien word. Let ook dat ’n haikoe se lettergrepe 5-7-5 is….

Oppergesag

Deur Datum gepubliseer: 31 March 2017 16

‘Ek wil nie aanbid word nie…’ fluister die jong vrou aan die hoof van die tafel terwyl sy na haar weerkaatsing in die glimmende hout staar. ‘Ek wil verskrik!’

Wind ruis deur die vertrek en waai al die geskenke weg.

Almal sit regop; niemand durf na haar kyk nie. Alhoewel hulle…

Voorreg van vryheid

Deur Datum gepubliseer: 30 March 2017 8

Bloeiseltjie bekroon
slapies sag leer glo en lag
pasgebore vry

Gebruikers Aanlyn

including 2 members, 105 guests online

Bydrae Totale