Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Mei 2020 – “Ek wens dat ek …” projek

Beste INKers

Ons betree alreeds die 5de maand van 2020 en vertrou dat julle en jul families gesond en veilig is tydens die grendeltydperk.

Die tema hierdie maand is “Ek wens dat ek…”

DIGTERS:
*Skryf ‘n sonnet (Engels- of andersins).
*Jy mag nie die tema as titel gebruik nie, maar die inhoud moet die sinsnede op een of ander plek bevat.
* Jou vers sal streng volgens sonnet reëls beoordeel word.

GORRELS:
* Gebruik die sinsnede in jou skrywe.
* Skryf ‘n vonkgorrel van 200 woorde.
* Dui jou woordtelling aan.

VERHALE:
* Skryf ‘n periode verhaal van minder as 800 woorde.
* Gebruik die tema.
* Dui jou woordtelling aan.

RUBRIEKE:
* Gebruik die tema – 500 woorde

ARTIKELS:
* Gebruik die tema innoverend – 500 woorde

Dis lekker om in Afrikaans te skryf.
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Werkloos

Deur Datum gepubliseer: 28 Mei 2020 5

Ginekoloë vang ses kinders ’n dag
Juffrouens neem hulle gou onder hande
Sekuriteitswagte pas hulle op in die nag
Tandartse red altyd weer hulle tande

Moeë ouers vra terapeute vir raad
En skep nuwe moed uit ’n kelner se skinkbord
Boere spit om en jaag aan en span draad
Trokdrywers…

donkerblou gedagtes (brons)

Deur Datum gepubliseer: 27 Mei 2020 6

donkerblou gedagtes

met ʼn edele enkelgedagte dink ek aan jou
aan al die dinge wat ons nog wil en wou doen
dan trek die heimwee deur my so donkerblou
eensklaps bevind ons ons in snaakse seisoen

ʼn vae vrees vir virus so onbekend eis sy tol
maatreëls van inperking nou nuwe…

versugtinge (brons)

Deur Datum gepubliseer: 27 Mei 2020 2

versugtinge

die grootste droom wat ek het vir jou my kind
is ‘n nalatenskap van blywende geluk en vreugde
ʼn lewe van wonder en waardering vol deugde
dat jy spoedig so jou siel se eie liedjie mag vind
ek wens dat ek jou kan leer van die spel van die…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 51 gaste aanlyn

Bydrae Totale