Beste INKers
Hierdie maand is die opdrag vir alle afdelings in ons projek universeel.
Gebruik EEN van dié twee woorde:
1. Kardoes
2. Kwansuis
as die onderwerp of tema vir jou inskrywing.
Hetsy jy dig, verhale skryf, gorrel, rubrieke of artikels skryf is die term jou onderwerp.
Daar is hoegenaamd geen reëls aangaande vorm, lengte of styl in enige van die afdelings nie. Ondersoek die term en behandel dit soos jy goed dink.
Lekker skryf
*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING
Laat my gedagtes saam met jou kreukel
tot lankgeleë se voetloop, se mooi, se onthou…
onthou van sorgloos, kindwees, lag –
lag oor lekker en nie hierdie ewige wag.
Onthou jy die Griek in ons armbuurt?
Já die een op die hoek…
met sy ronde glasbottels lekkergoed,
gevul met Appelkosies,…
“Dit is nie wat ek bedoel het met ‘onsigbaar’ nie,” sis Malachi.
Die skare versamel om hulle en vul die amfiteater.
“Ontspan, niemand kyk na jou nie,” sê Beau, leunend teen ‘n boom.
“Hoekom sou hulle? Ek is korsmos!”
“En?”
“Ek het jou gevra om my onsigbaar te maak, nie onaangenaam nie!”
Beau lag. ‘n…