Jongste aktiwiteit:

ProjekteMei 2018 Projek – Moeders

Mei 2018 – Moeders

Die projek hierdie maand bied jou die geleentheid om blootstelling by die jaarlikse gala-aand te kry. Die wenner in die digkategorie van die Mei projek se vers sal deel uitmaak van die amptelike program van die aand en sal by die geleentheid voorgelees word.
Jou opdrag hierdie maand:

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE

DIGKATEGORIE:

Skryf ‘n gedig in NIE meer as 14 reëls NIE, oor die volgende onderwerp:
“Vers maak is my moederskoot”

In Mei-maand eer ons, ons moeders, eerstens vir hulle sorg en liefde maar vergeet soms dat die liefde wat ons vir Afrikaans het óók in daardie verhouding gebore is. Ons Moeders het die fondasie van ons taal in ons gelê en daarom wil ek hê ons moet die gemeenskaplikheid van die moederskoot en ons liefde vir die taal in hierdie projek ondersoek.

Voorbeeld:

Deur die kanale van
u intieme vlees
het eerste asems
en die knalheid van lig
ons ‘n naelstring afstand
van mekaar geskei;
tóg bly u skoot knusnaby
waarin ek ‘skermd kon rus
om met tyd en verloop
van u tong te leer:
“Mamma” in Afrikaans
is by verre die mooiste klank.

VERHALE KATEGORIE:
Skryf ‘n vonkverhaal in minder as 400 woorde oor die dialoog tussen ‘n ma en haar nuutgebore baba.
Moeders gesels graag met hulle babas, wat drome, vrese, verwondering en vreugde insluit. Ondersoek die idee en wees kreatief.

RUBRIEK KATEGORIE:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n rubriek, in minder as 400 woorde, oor die sielkundige voordeel, indien enige, wat borsvoeding het by die ontwikkeling van ‘n nuutgebore baba.

Dit is ‘n tasbare geleentheid om jou merk te maak met hierdie projek. Ek wil almal aanmoedig om te minste een gedig in te skryf al is jy ‘n verhale- of rubriekskrywer. Vermaak ons steeds met jou verhaal maar gebruik die geleentheid om jouself deel te maak van die groter gala program.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans
Ink Projekbestuurder

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed