Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Mei 2018 Projek – Moeders

Mei 2018 – Moeders

Die projek hierdie maand bied jou die geleentheid om blootstelling by die jaarlikse gala-aand te kry. Die wenner in die digkategorie van die Mei projek se vers sal deel uitmaak van die amptelike program van die aand en sal by die geleentheid voorgelees word.
Jou opdrag hierdie maand:

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE

DIGKATEGORIE:

Skryf ‘n gedig in NIE meer as 14 reëls NIE, oor die volgende onderwerp:
“Vers maak is my moederskoot”

In Mei-maand eer ons, ons moeders, eerstens vir hulle sorg en liefde maar vergeet soms dat die liefde wat ons vir Afrikaans het óók in daardie verhouding gebore is. Ons Moeders het die fondasie van ons taal in ons gelê en daarom wil ek hê ons moet die gemeenskaplikheid van die moederskoot en ons liefde vir die taal in hierdie projek ondersoek.

Voorbeeld:

Deur die kanale van
u intieme vlees
het eerste asems
en die knalheid van lig
ons ‘n naelstring afstand
van mekaar geskei;
tóg bly u skoot knusnaby
waarin ek ‘skermd kon rus
om met tyd en verloop
van u tong te leer:
“Mamma” in Afrikaans
is by verre die mooiste klank.

VERHALE KATEGORIE:
Skryf ‘n vonkverhaal in minder as 400 woorde oor die dialoog tussen ‘n ma en haar nuutgebore baba.
Moeders gesels graag met hulle babas, wat drome, vrese, verwondering en vreugde insluit. Ondersoek die idee en wees kreatief.

RUBRIEK KATEGORIE:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n rubriek, in minder as 400 woorde, oor die sielkundige voordeel, indien enige, wat borsvoeding het by die ontwikkeling van ‘n nuutgebore baba.

Dit is ‘n tasbare geleentheid om jou merk te maak met hierdie projek. Ek wil almal aanmoedig om te minste een gedig in te skryf al is jy ‘n verhale- of rubriekskrywer. Vermaak ons steeds met jou verhaal maar gebruik die geleentheid om jouself deel te maak van die groter gala program.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans
Ink Projekbestuurder

Ons taal my Ma

Deur Datum gepubliseer: 31 May 2018 Hou van

My Moeder my Taal
stut my wyl ons die Afrikamuse baar
tussen die naelstring woordspel verhaal
lei my tot anderkant kleuterkruip
maar voor oud en kieriekrom
laat jou sagte aarbelynde hande
salwend mirre kennis voed
en jou sagte lippe kus waar seer
sy aalwyn etter gloed
my Moeder my…

Afrikaans in ‘n moederskoot

Deur Datum gepubliseer: 30 May 2018 Hou van

Ek skryf een klein versie
in die lig van ‘n kersie
vir al die lag, lief en leef
sit ek vandag weer op ma se skoot
vir kalmte, rus en vrede
vir liefde sonder ‘n rede
daar waar ek veilig voel
in jou arms wat my styf vashou
vertel…

N LEWENDE SPIKKELTJIE

Deur Datum gepubliseer: 29 May 2018 3

‘N LEWENDE SPIKKELTJIE

‘n kosbare lewende spikkeltjie
net so klein soos ‘n mostert saadjie
met gemeenskap vorm die spermsel
bevrugting vind plaas in die eiersel

swangerskap vorm ‘n klein embrio
baarmoeder se golwe klink soos ‘n trio
moeder ontdek die wonder van haar fetus
swanderskap word jy bewus van die akardiakus

baba…

Gebruikers Aanlyn

including 1 member, 89 guests online

Bydrae Totale