Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Maart 2021 – OOP projek

Beste INKers

Die derde maand het aangebreek, en ons stel ‘n oop projek voor.

Daar is geen vasgestelde regulasies en voorskrifte nie.
Dit geld vir alle afdelings, hetsy jy aan digwerk of prosa deelneem.

Mag elkeen wat hieraan deelneem, sy/haar liefde vir Afrikaans en talent herontdek.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Vir Dao Mau

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2021 5

Ek staan voor die opening van die grot, en staar die onheilspellende donkerte in. Wat wag vir my? ‘n Pynlike, stadige dood of ‘n vinnige heengaan na die hiernamaals?

Ons dorpie is nie veel anders as ‘n dosyn ander soortgelyke dorpies in die Quang Binh provinsie van Vietnam nie….

kniesterig

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2021 4

.
my duin lê stil en rus
onder ‘n bewolkte hemel
wat alles bedek onder wolke
wat lyk of dit gekneus is
enige oomblik kan bars
begin lek, lek en reën
.
hier agter tussen huise
skarrel elk wat leef en beef
vir plekkie onder dak en son
lewens wat ook gekneus
soms kniesterig vertoon
ook lek, lek en traan
.
©Teárlach

In die kring van sy arms. (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 27 Maart 2021 3

In die kring van sy arms.

Die vuur dans vrolik in die kaggel waar ons aan die ou bekende familietafel sit. Gesellige musiek speel sag in die agtergrond en my hart klop warm as ek na die gesigte van my man en seun kyk. Alles lyk so normaal dat ek…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 91 gaste aanlyn

Bydraes – Argief