Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Maart 2020 – Triomfboog projek

Beste INKers

Aangesien die afgelope maand jul kreatiwiteit werklik beproef het, het ek besluit om die opdrag vir Maart effe meer ontvangsvriendelik te maak.

Die opdrag is, vir al die afdelings, een woord: “TRIOMFBOOG”

GEDIGTE: Skryf ‘n gedig in enige vorm, sonder rym- en lengte voorskrifte.
Gebruik die woord triomfboog in jou gedig. Dit mag NIE die titel van jou gedig wees NIE.

RUBRIEKE: Gebruik die woord in welke wyse ookal. Dit mag NIE die titel van jou rubriek wees nie.

ARTIKEL: Skryf ‘n artikel oor enige geskiedkunde gedenkteken (triomfboog).
Nie meer as 500 woorde nie. Dui jou woordtelling aan.

GORREL: Gebruik die woord op enige wyse. Nie meer as 500 woorde nie.
Dui jou woordtelling aan.

VERHALE: Skryf ‘n verhaal met die fokus op ‘n gedenkteken (triomfboog).
Nie meer as 1200 woorde nie. Dui jou woordtelling aan.

Lekker skryf, in Afrikaans.
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Bakoven

Deur Datum gepubliseer: 24 Maart 2020 11

(Goud)

êrens in die weste waar die branders breek
daar waar die hemel saans ’n vuur aansteek
anderkant die einders waar die son wegsink
dis dáár waar die dag in die see verdrink

en haar vlam in triomboog bo die water skyn
alvoor avond se gloed in die niet wegkwyn

© Carma…

Verdwyning van die SS Waratah

Deur Datum gepubliseer: 23 Maart 2020 8

Drie dae. Hy het gesê net drie dae. Hy was verkeerd. Of hy het gelieg? Ons sal seker nooit die antwoord ken nie.

Ek het nuus gekry uit die Kaap. My ma was ernstig siek en sou waarskynlik nie die einde van die week sien nie. Ek het haastig…

Ek mis jou (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 16 Maart 2020 6

hier
in die donkerste hoekie van my tuin
het ek ‘n rankroos geplant
pienk klimop rosies wat fyngeur
sagte herrinneringe in die aandlug strooi

daar
onder die sekel van die hartseer maan
het ek jou geplant
‘n houtkissie gevul met stof
want uit stof was jy en stof is jy

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 90 gaste aanlyn

Bydrae Totale