Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Maart 2020 – Triomfboog projek

Beste INKers

Aangesien die afgelope maand jul kreatiwiteit werklik beproef het, het ek besluit om die opdrag vir Maart effe meer ontvangsvriendelik te maak.

Die opdrag is, vir al die afdelings, een woord: “TRIOMFBOOG”

GEDIGTE: Skryf ‘n gedig in enige vorm, sonder rym- en lengte voorskrifte.
Gebruik die woord triomfboog in jou gedig. Dit mag NIE die titel van jou gedig wees NIE.

RUBRIEKE: Gebruik die woord in welke wyse ookal. Dit mag NIE die titel van jou rubriek wees nie.

ARTIKEL: Skryf ‘n artikel oor enige geskiedkunde gedenkteken (triomfboog).
Nie meer as 500 woorde nie. Dui jou woordtelling aan.

GORREL: Gebruik die woord op enige wyse. Nie meer as 500 woorde nie.
Dui jou woordtelling aan.

VERHALE: Skryf ‘n verhaal met die fokus op ‘n gedenkteken (triomfboog).
Nie meer as 1200 woorde nie. Dui jou woordtelling aan.

Lekker skryf, in Afrikaans.
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Ter nagedagtenis aan ʼn held.

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2020 4

Ter nagedagtenis aan ʼn held

As ek terugdink aan my kinderjare as kanaal-aap in Upington se wêreld, kan ek nie anders as om ons kuiertjies by vriende langs die rivier, te onthou nie. Dit is die dae waar kinders gesien en nie gehoor is nie en waar jy baie…

ʼn Boog vir Hartbeespoortdam

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2020 8

Ons was seker al ʼn honderd maal by Hartbeespoortdam en het elke keer onderdeur daardie boog gery, min wetende wat dit eintlik verteenwoordig. Dit was egter die blanke pioniers wat gedurende 1836 die potensiaal van die water raakgesien en die idee gevorm het om dit te ontgin. Riviere en…

Beleef ons moontlik ’n tyd van groot verandering?

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2020 3

Soms is dit moontlik om gebeure in jou lewe waar te neem wat jy nie anders kan beskryf as ʼn triomfboog nie – jou eie “Arch of Victory”. Dit is daardie gebeurtenis wat jou lewe in twee deel, ʼn voor en na. Soms gaan dit gepaard met ʼn dag…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 76 gaste aanlyn

Bydrae Totale