Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Maart 2020 – Triomfboog projek

Beste INKers

Aangesien die afgelope maand jul kreatiwiteit werklik beproef het, het ek besluit om die opdrag vir Maart effe meer ontvangsvriendelik te maak.

Die opdrag is, vir al die afdelings, een woord: “TRIOMFBOOG”

GEDIGTE: Skryf ‘n gedig in enige vorm, sonder rym- en lengte voorskrifte.
Gebruik die woord triomfboog in jou gedig. Dit mag NIE die titel van jou gedig wees NIE.

RUBRIEKE: Gebruik die woord in welke wyse ookal. Dit mag NIE die titel van jou rubriek wees nie.

ARTIKEL: Skryf ‘n artikel oor enige geskiedkunde gedenkteken (triomfboog).
Nie meer as 500 woorde nie. Dui jou woordtelling aan.

GORREL: Gebruik die woord op enige wyse. Nie meer as 500 woorde nie.
Dui jou woordtelling aan.

VERHALE: Skryf ‘n verhaal met die fokus op ‘n gedenkteken (triomfboog).
Nie meer as 1200 woorde nie. Dui jou woordtelling aan.

Lekker skryf, in Afrikaans.
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Maart 2020 Triomfboog projek – Uitslae en kommentaar

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2020 6

INK: MAART PROJEK “TRIOMFBOOG” KOMMENTAAR

Baie geluk aan hierdie 11 Lede!!

GEDIGTE
GOUD
WENNER: NO.3 – Carma Shaw met Sprake van hoop
2 DE PLEK: NO. 7 – Carma Shaw met Bakoven
3 DE PLEK: NO. 9 – Anzé Bezuidenhout met Seëpoort

SILWER
WENNER: NO. 4 – Caren Kearley met Haiku vir…

Parys – tuiste van die Arc de Triomphe.

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2020 5

BRONS

Parys – tuiste van die Arc de Triomphe.
As jy aan Parys dink, dink jy onwillekeurig aan een van die grootste toeriste aantreklikhede, onder andere die Eiffeltoring! Parys beskik egter oor soveel meer geskiedkundige besienswaardighede, om net paar te noem: Arc de Triomphe, die Paleis van Versailles,…

Dink Aan My

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2020 6

Bosse vorm ‘n ‘n kasteel binne ‘n kring menhirs. Die gekunstelde natuurskoon lok feë van alle klasse en nasies. Cian kan hoor hoe hulle giggel en speel in die gedenkteken vir die tandefeë en wonder of hulle nog onthou wat ‘n eeu tevore gebeur het. Hy maak sy oë…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 60 gaste aanlyn

Bydrae Totale