Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Maart 2019 Projek

Beste Inkers

Met hierdie projek gaan ek vereis dat julle dink-hoede op sit.

Ons gaan in Maart stoei met die term: Intertekstualiteit.
Intertekstualiteit is doodeenvoudig net om nuwe betekenis te verleen aan ‘n reeds geskrewe teks.
Slaan die volle omskrywing daarvan ná om seker te maak jy verstaan dit vóór jy jou skrywe aanpak.

DIGTERS:
Identifiseer ‘n reeds gepubliseerde Afrikaanse gedig en skryf jou eie deur van Intertekstualiteit gebruik te maak.

Reëls:
1. Die aantal lyne en vorm van jou vers mag NIE verskil van die bronteks nie;
2. Jy MOET die bronteks saam jou plasing insluit. Onthou om melding te maak van wie die outeur is;
3. Jy moet twee oorspronklike neologismes skep vir jou vers en dit onderaan jou vers aandui. Jy mag die definisie daarvan ook meld maar dit is nie ‘n vereiste nie;
4. Jy mag enige bronteks gebruik solank dit in Afrikaans geskryf is.

VERHAALSKRYWERS:
Vind jou gunsteling kinderverhaal en gebruik dit as bronteks om ‘n eiesoortige weergawe daarvan te skryf. Name van karakters kan verander, die storielyn moet anders word, maar, die leser moet steeds kan identifiseer watter bronteks gebruik is.

ARTIKELS:
Skryf ‘n artikel oor die belangrikheid van diverse menings in die samelewing en waarom dit belangrik sou wees dat nuwe idees ontwikkel word om en oor ou geskrifte.

RUBRIEKE:
Gebruik die menings van enige filosoof, sielkundige ens. en ontwikkel jou mening daarom.
Maak genoegsame verwysing na die persoon en sy/haar stellings sodat jou leser die draad van jou eie mening kan volg.

GORRELS:
Verduidelik waarom dit belangrik vir jou is om jou eie oortuigings te laat uitdaag, al dan nie.

Dit is ‘n heerlike taak hierdie maand en daarom hoop ek soveel moontlik sal hieraan deelneem.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Wees by my

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2019 4

wees by  my

wanneer die trane  rol

sodat my hartseer kan verdwyn

 

wees by  my

omvou my met jou liefde

sodat die storms kan bedaar

 

wees by  my

met die  hoepelronde  maan in jou oë

sodat my diepste vrese  nie  na vore  kom

 

wees by  my

wanneer my menswees in twee skeur

en ‘n grieselrige stilte op my  neersak

 

”hoepelronde” &…

Maart 2019 Projek

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2019 3

Beste Inkers

Met hierdie projek gaan ek vereis dat julle dink-hoede op sit.

Ons gaan in Maart stoei met die term: Intertekstualiteit.
Intertekstualiteit is doodeenvoudig net om nuwe betekenis te verleen aan ‘n reeds geskrewe teks.
Slaan die volle omskrywing daarvan ná om seker te maak jy verstaan dit vóór jy…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 68 gaste aanlyn

Bydrae Totale