Jongste aktiwiteit:

ProjekteMaart 2019 Projek

Beste Inkers

Met hierdie projek gaan ek vereis dat julle dink-hoede op sit.

Ons gaan in Maart stoei met die term: Intertekstualiteit.
Intertekstualiteit is doodeenvoudig net om nuwe betekenis te verleen aan ‘n reeds geskrewe teks.
Slaan die volle omskrywing daarvan ná om seker te maak jy verstaan dit vóór jy jou skrywe aanpak.

DIGTERS:
Identifiseer ‘n reeds gepubliseerde Afrikaanse gedig en skryf jou eie deur van Intertekstualiteit gebruik te maak.

Reëls:
1. Die aantal lyne en vorm van jou vers mag NIE verskil van die bronteks nie;
2. Jy MOET die bronteks saam jou plasing insluit. Onthou om melding te maak van wie die outeur is;
3. Jy moet twee oorspronklike neologismes skep vir jou vers en dit onderaan jou vers aandui. Jy mag die definisie daarvan ook meld maar dit is nie ‘n vereiste nie;
4. Jy mag enige bronteks gebruik solank dit in Afrikaans geskryf is.

VERHAALSKRYWERS:
Vind jou gunsteling kinderverhaal en gebruik dit as bronteks om ‘n eiesoortige weergawe daarvan te skryf. Name van karakters kan verander, die storielyn moet anders word, maar, die leser moet steeds kan identifiseer watter bronteks gebruik is.

ARTIKELS:
Skryf ‘n artikel oor die belangrikheid van diverse menings in die samelewing en waarom dit belangrik sou wees dat nuwe idees ontwikkel word om en oor ou geskrifte.

RUBRIEKE:
Gebruik die menings van enige filosoof, sielkundige ens. en ontwikkel jou mening daarom.
Maak genoegsame verwysing na die persoon en sy/haar stellings sodat jou leser die draad van jou eie mening kan volg.

GORRELS:
Verduidelik waarom dit belangrik vir jou is om jou eie oortuigings te laat uitdaag, al dan nie.

Dit is ‘n heerlike taak hierdie maand en daarom hoop ek soveel moontlik sal hieraan deelneem.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Maart Projek: Intertekstualiteit Wenners: Gedigte: GOUD: 1. Sprokieloos – Carma Shaw 2. Arboretum – Carma Shaw 3. My allerliefste – Anzé Bezuidenhout SILWER: 1. Pop song – Charleine Collins 2. Binnevlug – Caren Kearley BRONS: 1. Agterprater – Barbara Smit 2. Reddingspan – Ronnie 3. Lynne Lexow Dik sus praat GORREL: Geen ARTIKELS: 1. Bring […]

(goud) Sprokieloos rook en roet van vuur gaan nooit verby nie dis newels vasgevang onder hierdie sterrelose hemel waar reenboë nooit meer hang al kyk ons goed dis nêrens te vind (’n sprokie geketting in die hart van ’n kind) oë word dof en die duister verblind as ons reënboë ontbind ons volg elke nag […]

Agterpraters Eenmaal ongevlek vlam jou verhaal nou fletsend donkerswart geletsel kerf geeljaskind se bek jou kaal jou weggooihart versmoor in braaksel. Steeds draai ons aarde om en om en jy draai maar swygend saam die agterpraters – nou kamstig stom En ek? Ag Here – ek’t dan ook met die tong geslaan! © Barbara Smit […]

Winterliefde (met erkenning aan Winternag – Eugene Marais) O koud is jou liefde en kaal. My rolbos haak seer aan jou kraal. Dit is dood soos winterboomtakke en leeg soos weggooistreepsakke. Jou hart is weggooitrui verrek. In jou sagpraatstem se bekende plek maalkolk die pyn wat my in ‘n Ingrid-see in trek. O treurig hang […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed