Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Maart 2019 Projek

Beste Inkers

Met hierdie projek gaan ek vereis dat julle dink-hoede op sit.

Ons gaan in Maart stoei met die term: Intertekstualiteit.
Intertekstualiteit is doodeenvoudig net om nuwe betekenis te verleen aan ‘n reeds geskrewe teks.
Slaan die volle omskrywing daarvan ná om seker te maak jy verstaan dit vóór jy jou skrywe aanpak.

DIGTERS:
Identifiseer ‘n reeds gepubliseerde Afrikaanse gedig en skryf jou eie deur van Intertekstualiteit gebruik te maak.

Reëls:
1. Die aantal lyne en vorm van jou vers mag NIE verskil van die bronteks nie;
2. Jy MOET die bronteks saam jou plasing insluit. Onthou om melding te maak van wie die outeur is;
3. Jy moet twee oorspronklike neologismes skep vir jou vers en dit onderaan jou vers aandui. Jy mag die definisie daarvan ook meld maar dit is nie ‘n vereiste nie;
4. Jy mag enige bronteks gebruik solank dit in Afrikaans geskryf is.

VERHAALSKRYWERS:
Vind jou gunsteling kinderverhaal en gebruik dit as bronteks om ‘n eiesoortige weergawe daarvan te skryf. Name van karakters kan verander, die storielyn moet anders word, maar, die leser moet steeds kan identifiseer watter bronteks gebruik is.

ARTIKELS:
Skryf ‘n artikel oor die belangrikheid van diverse menings in die samelewing en waarom dit belangrik sou wees dat nuwe idees ontwikkel word om en oor ou geskrifte.

RUBRIEKE:
Gebruik die menings van enige filosoof, sielkundige ens. en ontwikkel jou mening daarom.
Maak genoegsame verwysing na die persoon en sy/haar stellings sodat jou leser die draad van jou eie mening kan volg.

GORRELS:
Verduidelik waarom dit belangrik vir jou is om jou eie oortuigings te laat uitdaag, al dan nie.

Dit is ‘n heerlike taak hierdie maand en daarom hoop ek soveel moontlik sal hieraan deelneem.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Die drie F’s

Deur Datum gepubliseer: 5 Maart 2019 3

Dit weergalm oor die vlakte. Fatima verskree haar verslonste tienerseuns. Sy het haar weer oorgegee aan ’n kruie zol en is verergd omdat hulle durf kos vra. “Al wat julle wil doen, is vreet! Kyk hoe lyk hierdie varkhok. Van vandag af sal daar eers kos wees as julle…

Die geheim van die woud

Deur Datum gepubliseer: 5 Maart 2019 3

Eendag was daar ‘n arm man en sy vrou wat in die woud gebly het met twee kinders, die een kind se naam was Klaas en die ander een Hermien. Een aand besluit die man om sy kinders in die woud in te vat en hulle daar te los,…

Lied van die sondaars

Deur Datum gepubliseer: 4 Maart 2019 3

(brons)

“Kom na my toe, almal wat moeg en oorlaai is…”

Die SS soldaat
wat sy geweer uitgelood het
op ‘n Jood,
sy lip in nare krul,
op sy skoen ‘n groot, rooi vlek.

“Kom na my toe, almal wat moeg en oorlaai is…”

Die Kongolese militant
tronend op swaar stewels
van haar, wurm,…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 43 gaste aanlyn

Bydrae Totale