Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Maart 2018 – Digkuns projek

In 1999 verklaar UNESCO die 21ste Maart as Internasionale Digkunsdag. In hul oorspronklike verklaring merk hulle dat dit ‘n “vars erkenning en ‘n besonderse impetus sal gee aan nasionale, distriks- en internasionale digkuns.”

Dit is dus ‘n besonderse voorreg en selfs meer ‘n belangrike plig op die skouers van elke digter om in sy eie taal en wyse ‘n bydrae te maak tot die digterskat.

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASSEBLIEF

Digters:
Hierdie maand, in erkenning aan die Internasionale Digkunsdag is jou opdrag om ‘n treffer gedig, uit jou hart en jou taal te skryf.
Daar is GEEN voorskrifte nie, want, soos die viering van hierdie dag aandui moet dit erkenning gee aan jou eie stem

Skrywers:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor die invloed van digkuns op die kunste. Jou verhaal kan enige tema beslaan maar moet verwysings maak tot die besondersheid van digkuns, op welke manier ookal..

Rubriekskrywers:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n rubriek oor enige digter. Dit hoef nie Suid-Afrikaanse digters te wees nie, al sou dit heerlik wees om ‘n rubriek te lees van Afrikaanse digters, sal jy nie gepenaliseer word indien dit buite die grense van Suid-Afrika val nie.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

Sagte blou oë agter ’n goue raam bril

Deur Datum gepubliseer: 20 Maart 2018 4

Dit was ’n warm somersdag en die twee periodes net voor tweede pouse. Ons standard 4 klas (graad 6 vir die millenniums) moes ’n uur lank in die Afrikaanse klas sit en goed leer waarvoor ek nie eintlik omgegee het nie. Tog, ons opdrag om iets oor ’n Afrikaanse…

Elegie aan ʼn versteende hart

Deur Datum gepubliseer: 19 Maart 2018 5

In die sediment-lae
van ʼn versteende hart
het ʼn liefdessaad ontkiem,
in mikro-porië wortel geskiet
en hartswense bo rede gesien
Immergroendrome laat blom
asof die apokalips môre gebeur –
die wolke met silwer randjies vergul
en elke nuwe dag
met hoopsglimmers verkleur…

en mettertyd in versinsels
se pseudo-lig weggekwyn
jou…

Landskappe geskets van herinneringe

Deur Datum gepubliseer: 16 Maart 2018 2

en die ysige aarde glinster
onder tienduisend sterre
waar die maan silwer skaduwees
oor die sneeu strooi

Die somer gaan verby
ek voel hoe die rooi-geel blare
onder my voete knars-knars
terwyl die wind speel in my spore

wanneer die winter my vind
in wenende mineure
in monochroom kleure
voel ek hoe die koue kraak, in my naakte bene

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 38 gaste aanlyn

Bydrae Totale