Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Junie 2016 – FAK projek

Hierdie maand het ons ‘n opwindende projek wat elke kultuurvraat tot onder die kraag opgewonde sal maak.

Ek plaas 5 FAK liedtitels hieronder waaruit jy een moet kies en dit as titel vir jou gedig/kortverhaal/rubriek moet gebruik.

Dit is ‘n totaal oop kategorie (vryevers, vir die digters) en jou aanbieding kan in enige styl wees sonder voorskrifte. Let asseblief op behoorlike leesteken gebruik, spelling, taalgebruik en ‘n neologisme of twee sal ‘n aanwins wees.

Wees oorspronklik met jou inskrywing.

Aangesien ons van titels uit die FAK Sangbundel gebruik maak, gebruik asseblief ‘n asteriks [*] langs die titel en verwys dan in ‘n voetnota: [*na FAK Sangbundel: (titel naam)]

VOORGESTELDE TITELS:
1. Kammalandse tannie
2. Sing jy van blomme
3. Pollenys
4. Die hiefel en die fiefel
5. Bosveldhuisie

Ek sien uit na julle oorspronklike werk.

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Projekbestuurder

‘n Eindelose lied “ Sing jy van blomme”

Deur Datum gepubliseer: 8 Junie 2017 9

My ouma het altyd
die mooiste rose
in haar tuin gehad
sy kon ure lank met hulle praat
en elkeen het ‘n naam gehad

Sonskyn was helder geel
hartedief bloedrooi
cherrie pienk
en haar mooiste roos
‘n spierwitte waarmee sy
haar diepste geheime kon deel

‘n…

Sing jy van blomme

Deur Datum gepubliseer: 7 Junie 2017 8

Nou dat sy gaan
na die stil ongebraakbaarheid
van yl vergetelheid–
lywig van buite;
(met bitter min
wat binne agterbly)
nou wil hy die afstande verwens
waarin hy haar metamorfies
gekelk het na sy somber sin;
net om sy hande
in haar onskuld te was
haar waters van rus

‘n Kamma-kamma rukkie ” Kammalandse tannie”

Deur Datum gepubliseer: 6 Junie 2017 6

Sy vlieg op ‘n swaan se rug
hoog bo in die lug…

Wanneer mens deur kammaland loop
gaan ‘n sprokiesland voor jou oop
waar werklikheid en realiteit
nie deel is van allerdaagse tyd

Van melk en heuning
is daar in elke geur en kleur
koekies en lekkers
om van te kies en keur

Loop ‘n ou vroutjie met ‘n…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 54 gaste aanlyn

Bydrae Totale