Jongste aktiwiteit:

ProjekteJunie 2016 – FAK projek

Hierdie maand het ons ‘n opwindende projek wat elke kultuurvraat tot onder die kraag opgewonde sal maak.

Ek plaas 5 FAK liedtitels hieronder waaruit jy een moet kies en dit as titel vir jou gedig/kortverhaal/rubriek moet gebruik.

Dit is ‘n totaal oop kategorie (vryevers, vir die digters) en jou aanbieding kan in enige styl wees sonder voorskrifte. Let asseblief op behoorlike leesteken gebruik, spelling, taalgebruik en ‘n neologisme of twee sal ‘n aanwins wees.

Wees oorspronklik met jou inskrywing.

Aangesien ons van titels uit die FAK Sangbundel gebruik maak, gebruik asseblief ‘n asteriks [*] langs die titel en verwys dan in ‘n voetnota: [*na FAK Sangbundel: (titel naam)]

VOORGESTELDE TITELS:
1. Kammalandse tannie
2. Sing jy van blomme
3. Pollenys
4. Die hiefel en die fiefel
5. Bosveldhuisie

Ek sien uit na julle oorspronklike werk.

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Projekbestuurder

In ‘n Josefskleed aangetrek kort na die eerste reën, van Spektakelberg tussen Springbok en Kleinzee tot ver verby die Oranjerivier se draai, slier jou blommetuin laatmiddag heen en weer in die lentebries. ‘n Stofstreep lê agter die donkiekar wat skud, skud sukkel oor die jakobjollie in die pad. As jy ver kyk sien jy springbok, […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed