Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Julie 2020 – Klanknabootsings projek

Beste INKers

Hierdie maand gaan ons onomatopee (klanknabootsing) in die projek ondersoek en gebruik.

Gedigte:
Skryf ‘n gedig, in nie meer as 12 reëls nie.
Maak gebruik van onomatopee daarin. Die hoeveelheid moet funksioneel wees en daarom is minder beter as meer, maar dit moet ingesluit word.
Ek gee ‘n voorbeeld uit Jan FE Cilliers se vers “Die vlakte”
“Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof,
kom die eerste druppels neer”

Gorrels:
Gorrel bietjie oor die irritasie van snaakse geluidgewoontes wat jy by mense opmerk. Is daar iemand wat oopmond kou of altyd vals fluit terwyl hulle take verrig?
Skryf daaroor in minder as 400 woorde.
Dui jou woordtelling aan.

Rubrieke:
Skryf ‘n rubriek (minder as 800 woorde) oor die klanke en geluide wat jou rustig stem. Maak die duif se koer jou vroeg wakker? Watse lewensles put jy uit die vreugde daarvan?
Dui jou woordtelling aan.

Artikels:
Skryf ‘n behoorlik nagevorsde artikel oor die invloed van geraasbesoedeling op ‘n omgewing. Nie meer as 1200 woorde nie.
Dui jou woordtelling aan.

Verhale:
Skryf ‘n komedie oor die dag toe die motorenjin snaakse geluide gemaak het.
Geen woordtelling beperking nie.

Dui die volgende aan:
Titel (woordtelling) [vlak van deelname nl. Brons/Silwer/Goud/Meester]

“Afrikaans is ‘n tuiste, nie nét ‘n taal nie.”©

Lekker skryf – vry en Afrikaans
Skrywersgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

U stuur ʼn lemoenduifie

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2020 Hou van

ek sit op my draadstoeltjie “bo-op” die sementbraai
sodat my oë aan die horison kan hang –
om te sien tot dáár waar uitkyk sy bloute kleur
en die spikkelbome sonstrale vang

maar hier deur die laagte,
sug my gemoed soos koue mis
en vou sy vingers om my benerige…

Tannie Tokkie Toeter en die lykswa

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2020 Hou van

Tannie Tokkie Toeter was ‘n baanbreker. Dalk nou nie ‘n baanbreker soos Marie Curie of Katherine Johnson nie, maar op Philippolis is die verwagtinge darem ook maar anders as in die stad. Nee, tannie Tokkie Toeter het genoeg geld gehad om altyd die nuutste en beste van enige iets…

Net na dagbreek het ek jou vers gelees

Deur Datum gepubliseer: 30 Julie 2020 1

(goud)

Tóé wou ek weer skryf: oor hoe nagte lewe
as skopsuile in die donker roep
en as jakkalswelpe huil,
hoedat die kras van honger meeue
in die holte van my oor kan skuil,
dat ek die fluitsang van ’n suikerbek
wil eggo met my mond
en dat ek wis…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 258 gaste aanlyn

Bydrae Totale