Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Julie 2019 projek – ‘n reis in tyd

Neem die INK-lesers op ‘n tydreis met jou inskrywing vir die Julie-projek. ‘n Reis in Tyd

Wees kreatief: besoek musiek, films, plekke, mense of gebeure. Jy kan die leser ook op ‘n tydreis na die toekoms neem.

• Gedigte:
Nie langer as 20 versreëls nie.

• Verhale:
Nie meer as 600 woorde nie.

• Rubrieke:
Wend humor in jou skryfstuk aan.
Nie meer as 300 woorde nie.

• Artikels:
Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.
Nie meer as 200 woorde nie.

Onthou asseblief om jou woordtal aan te dui by elke afdeling. Geniet die projek!
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem! Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.

Bly warm en geniet die projek!

Groete
Ink-Moderator

*ONTHOU SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE

Lucy Leer Loop

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2019 5

Petrus is nie seker hoe hy hierdie opdrag gekry het nie. Blykbaar het iemand in die hoër range vertroue in hom. (In ‘n latere oomblik van helderheid het Petrus onthou, sy pa was ‘n Generaal in K.O.P.P.) Dit was Petrus se eerste week in die pos, en in sy…

In die begin (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2019 7

Adam het gedink die kort advertensie is ‘n grap:
“GESOEK: Iemand om terug te reis in tyd. Bel 9021234567. R50000 betaling op terugkeer. Eie wapen opsioneel. Slegs ernstige aansoeke.”
Maar hy kón nie anders nie en die nommer gebel. ‘n Geoutomatiseerde stem het ‘n adres gelees, en Adam het…

Genesis II (Brons 600 woorde)

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2019 4

“Dagboek inskrywing 20 Maart 2025.

Wie van ons het nie al aan die groot D woord gedink nie? Daardie “Doomsday” profesie wat onder die mat ingevee word. Jy steur jou nie daaraan nie, maar tog krap dit in jou agterkop. Wanneer jy na wêreld statistieke kyk besef jy…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 109 gaste aanlyn

Bydrae Totale