Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Julie 2017 – Oop en nuwe projek

Hierdie maand kan jy deelneem aan ‘n oop kategorie vir beide die gedigte en verhale afdelings.

Daar is dus geen voorskrifte nie. Jy mag inskryf met enige onderwerp.

Die enigste reël is egter dat jy nie iets mag inskryf wat reeds voorheen erens anders as hier op INK geplaas is nie.

Dit moet jou eie werk en oorspronklik wees.

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Projekbestuurder

Onbeheerste gevoel

Deur Datum gepubliseer: 27 Julie 2017 7

Die onbeskryflike weelde
van ‘n onberheerste gevoel
met vars berglug wat deur my waai
in die koelte van ‘n wye oop nag se stroom

Galop oor wye rante
in ‘n skatkis sonder grense
warrelrol my hart getyloos
oor wye wit wolke

Wat in ‘n middernag’land
sonder skrome
in alle eenvoud
tot jou gaan

Ek onthou

Deur Datum gepubliseer: 27 Julie 2017 6

vroegoggend
as die spasies broos vasgedruk
tussen lig en donker lê
groei ‘n donkeronthouseisoen
om weer op treurboggels te ry

terwyl verlange
uit die kruike van my oë drup
sien ek hoe die son poeier oor my bed
en daar buite nuwe botsels
aan boomgeraamtes bot

dán roep die beeld…

Die swart kraai

Deur Datum gepubliseer: 26 Julie 2017 8

Gebreekte slotte en hekke
en die hedendaagse plekke
miskien is dit nodig om,
om alles ‘n wye draai te vlieg

Met ‘n wye vlerkswaai
sien ek die wye vlaktes voor my oop
soos ‘n skoon doek se lewensloop
in ‘n sirkel om alles draai

En die wye vrye wete
van geheiligde…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 281 gaste aanlyn

Bydrae Totale