Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Julie 2017 – Oop en nuwe projek

Hierdie maand kan jy deelneem aan ‘n oop kategorie vir beide die gedigte en verhale afdelings.

Daar is dus geen voorskrifte nie. Jy mag inskryf met enige onderwerp.

Die enigste reël is egter dat jy nie iets mag inskryf wat reeds voorheen erens anders as hier op INK geplaas is nie.

Dit moet jou eie werk en oorspronklik wees.

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Projekbestuurder

Dalk vir altyd

Deur Datum gepubliseer: 28 Julie 2017 7

Dalk net
maar dalk, net dalk
‘n verdwaalde wolkie
wat sy druppels hier laat val …

Stop ek maar
vir ‘n rukkie en wag
want dalk
net dalk kom jy vandag

Al is dit dalk
gebroke en stom
dat ek jou dalk
daar sal kry

Anderkant die Stilte

Deur Datum gepubliseer: 28 Julie 2017 4

Donker nag daar buite
klink geluide oral oor
duskant die morester
klink branders plotseling
teen rots verbrokkel

speel die maanlig deur wolke
krabbers rondomtalie
verskietende sterreprag
plotselend uit die hemelruim
gedenk uit ‘n diepe droom

Anderkant die stilte
waar duisternis se skuilplek waak
straal die bliksemstrale ‘n vuurdoop
met arms wat ‘n koperboog span
en beddings van water sigbaar word

dans die musiekleier ‘n…

‘n Amper Klou en Byt Afskeid

Deur Datum gepubliseer: 27 Julie 2017 7

Ek hardloop die trappies af agter hom aan. Ek kan nie dat die liefde van my lewe sommer net so weggaan nie. Die simpel gat in die sypaadjie wat ons al lankal moes toegemaak het stop my deur amper my enkel te breek. Ek kom swetsend tot stilstand en…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 30 gaste aanlyn

Bydrae Totale