Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Julie 2017 – Oop en nuwe projek

Hierdie maand kan jy deelneem aan ‘n oop kategorie vir beide die gedigte en verhale afdelings.

Daar is dus geen voorskrifte nie. Jy mag inskryf met enige onderwerp.

Die enigste reël is egter dat jy nie iets mag inskryf wat reeds voorheen erens anders as hier op INK geplaas is nie.

Dit moet jou eie werk en oorspronklik wees.

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Projekbestuurder

Onthou

Deur Datum gepubliseer: 5 Julie 2017 7

Soos die verlede
die hede bepaal
bepaal dit ons geheue.
Ons denke ons drome,
beeldetuin van lewensweë.

Waar sou jy gewees het
sou jou geheue tot niks vervlou?
Wie sou ek gewees het
sonder dit wat ek onthou?

ONTPLOFFING VAN VRYHEID

Deur Datum gepubliseer: 5 Julie 2017 6

sonder om my letters
te kompenseer
het jy my sinne
soos ‘n epigraafgod
moeisaam gemoduleer –
reëls in vers gekomponeer
strofes gesinkopeer
deur ril-resoneer

maar, kyk!

daar
val
‘n
veer

my pen het met Vryheid gekopuleer
en sy rebelse ink oor blaaie
g e ë j a k u l e e…

Al wat oorbly

Deur Datum gepubliseer: 4 Julie 2017 7

Jy het gemoor….en lewe gegee
jy’t vlees gebreek en gees geknak
dag vir dag ´n stryd om mens te bly
ja, “mens” met foute! in hierdie perfekte land

Daar is wilgerbome en donderstorms
bo ons hoor ons voëlsange
behou die hoop … behou die hoop
sleep in deur die…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 57 gaste aanlyn

Bydrae Totale