Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Januarie 2020 projek

Mag die nuwe jaar vir elkeen teen ‘n beheerbare tempo afskop met die nodige voorspoed en guns.

In die gees daarvan, kom ons pak 2020 aan in ‘n ligte toon.
Die opdrag hierdie maand is tema- en reëlloos.
In al die afdelings is jy as skrywer oorgelaat aan jou eie voorskrifte.

Ek wil graag sien wat jy sal aanbied as jy bloot uit jou hart skryf.
Wees net gewaarsku: die res van 2020 gaan ons skrywersdissiplines besoek wat ons nog nooit voorheen gedoen het nie. Gebruik dus die laaste geleentheid om sonder die swaard van opdragte oor jou kop deel te neem.

Ek sien uit na goeie werk van ‘n hoë standaard.

Skryf in Afrikaans; INK ons stom.
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Volkome Vrou

Deur Datum gepubliseer: 4 Januarie 2020 2

Wat presies beteken vrouwees? Vrouwees is vêr meer as biologie of geslag. Sy is spesie soos geen ander. In my werklikheid is vrouwees soms presies dieselfde en soms, lynreg verskillend as manwees. Onverklaarbaar, onverstaanbaar, onversoenbaar, verskillend. Met so wye verskeidenheid in verteenwoordiging, wie het die reg om te…

‘n Bietjie Son

Deur Datum gepubliseer: 3 Januarie 2020 4

Ek het ‘n stukkie sonskyn
uit die somertyd bewaar,
dit in ons storieboek gepars
net soos ‘n blom se blaar
en toe dit koud word in jou siel,
en alles om jou grys en vaal,
het ek ons storie oopgemaak
en weer die son vir jou gaan haal

© Anton Bosch 01/01/2020

Januarie 2020 projek

Deur Datum gepubliseer: 2 Januarie 2020 1

Beste INKers
Mag die nuwe jaar vir elkeen teen ‘n beheerbare tempo afskop met die nodige voorspoed en guns.

In die gees daarvan, kom ons pak 2020 aan in ‘n ligte toon.
Die opdrag hierdie maand is tema- en reëlloos.
In al die afdelings is jy as skrywer oorgelaat…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 31 gaste aanlyn

Bydrae Totale