Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Januarie 2020 projek

Mag die nuwe jaar vir elkeen teen ‘n beheerbare tempo afskop met die nodige voorspoed en guns.

In die gees daarvan, kom ons pak 2020 aan in ‘n ligte toon.
Die opdrag hierdie maand is tema- en reëlloos.
In al die afdelings is jy as skrywer oorgelaat aan jou eie voorskrifte.

Ek wil graag sien wat jy sal aanbied as jy bloot uit jou hart skryf.
Wees net gewaarsku: die res van 2020 gaan ons skrywersdissiplines besoek wat ons nog nooit voorheen gedoen het nie. Gebruik dus die laaste geleentheid om sonder die swaard van opdragte oor jou kop deel te neem.

Ek sien uit na goeie werk van ‘n hoë standaard.

Skryf in Afrikaans; INK ons stom.
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Die Inwoner

Deur Datum gepubliseer: 8 Januarie 2020 2

Ai tog. Ek het sommer geweet vandag gaan een van dáái dae wees toe die simpel koei weer ‘n uur in die badkamer spandeer het. Na al die tyd het sy nog nie agtergekom dat daar geen salf – of grimering – te smeer is om daai gesig beter…

Groen Gras

Deur Datum gepubliseer: 8 Januarie 2020 3

GROEN GRAS

die gras lyk groen
as die reën dit soen

maar wat as droog
van son
oor die aarde kom

die gras lyk mooi
in die maan se rooi

maar wat as vaal
van wind
die stingels verslind

die gras lyk soet
aan die berg se voet

maar wat as kou
van ryp
aan die soetigheid gryp

die gras lyk goed
in die môregloed

maar wie…

Opdrag vir ‘n Reëngebed

Deur Datum gepubliseer: 8 Januarie 2020 3

roer jou stingels grasveldlande
wuif jou halms in die wind
hef jou grootheid oor die rante
buig jou berg se rots my kind

skink die dieptes van jou branders
in ‘n vredes nagmaalkelk
hurk jou volmaan voor die melkweg
laat jou son se skyn verwelk

slaan jou oë op, dorre aarde
skud die stof af uit jou roet
stomgebuig…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 30 gaste aanlyn

Bydrae Totale