Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Januarie 2019 projek

Beste INKers

Ek wens elkeen ‘n besonderse goeie 2019 toe. Mag die meetsnoere mooi val.

Alhoewel die Chinese nuwe jaar eers in Februarie afskop, wil ek tog hê dit moet ons onderwerp wees.

DIGTERS:
Skryf ‘n Tanka oor die nuwe jaar.
Tanka

TER INLIGTING:
Kenmerke van die tanka:

✓ ‘n Tanka is ‘n uitgebreide haikoe wat uit vyf versreëls bestaan.

✓ Geen rym kom in die tanka voor nie.

✓ Die tanka het ‘n vaste patroon wat lettergrepe aanbetref; die eerste versreël bestaan uit vyf lettergrepe, die tweede versreël bestaan uit sewe lettergrepe, die derde versreël bestaan uit vyf lettergrepe en die vierde en vyfde lettergrepe bestaan elk uit sewe lettergrepe.

✓ Waar ‘n haikoe gewoonlik in die teenwoordige tyd geskryf word, kan ‘n tanka ‘n veelsydige verandering van tyd en gemengde woordeskat bevat.

✓ Beeldspraak en neologismes wat natuur verwant is, kom gewoonlik in ‘n tanka voor.

Die tanka is woordekonomies, maar die inhoud van die gedig moet tog steeds sin maak.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal oor die jaar van die vark. Dit kan enige onderliggende tema hê en hoef nie noodwendig met die nuwe jaar te doen te hê nie.

ARTIKELSKRYWERS:
Skryf ‘n artikel oor die Chinese nuwe jaar.

RUBRIEKSKRYWERS:
Lig jou mening oor die tradisies van nuwe jaar vieringe.

GORRELSKRYWERS:
Skets vir ons ‘n komiese verhaaltjie van 500 woorde oor iets gedurende nuwejaar.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Tanka 3

Deur Datum gepubliseer: 31 Januarie 2019 14

(Brons)

op Nuwejaar se
drumpel talm ek huiwerig
skugter grootoog bang
hoor ek nuwe drome lag
sien nuwe beloftes wink

©Marlene Erasmus
31/01/2019

Tanka 2

Deur Datum gepubliseer: 31 Januarie 2019 8

(Brons)

Tanka 2

tik-tok tik-tok stop
Oujaar stap afdraend af
tik-tok tik-tok klop
Nuwejaar aan die voordeur
op ooste se horison

©Marlene Erasmus
31/01/2019

Tanka 1

Deur Datum gepubliseer: 31 Januarie 2019 10

(Brons)

Tanka 1

sleepvoet stap Oujaar
gistergebeure lê nou
vêr in verlede
Nuwejaar knipoog vir ons
sluimerend vol beloftes

©Marlene Erasmus
31/01/2019

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 66 gaste aanlyn

Bydrae Totale