Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Januarie 2018 Projek – Weerbegin en voornemens

En so breek ‘n splinter nuwe jaar aan; ‘n geleentheid vir ‘weerbegin’ en voornemens. Hierdie maand gaan ons met die varsheid van ‘n nuwe seisoen begin en ons daarop toespits om die opdragte interessanter en meer uitdagend te maak.

Vir die digters:
Skryf ‘n Sonnet met net EEN voorskrif. Jou vers moet met die woord ‘NUUT’ eindig.

Vir die storievertellers:
Skryf ‘n verhaal in derde persoon met die tema ‘NUUT’.

Vir die rubriekskrywers:
Skryf ‘n artikel oor enige ‘NUWE’ tegnologiese of mediese uitvinding of ontwikkeling.

Ek maak staat op jou uitsonderlike talent om ‘n treffer inskrywing te lewer.

Voorspoedige 2018

Skryf in Afrikaans, dis die regte ding om te doen!

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Groete
Projekbestuurder

Kaapse droogte

Deur Datum gepubliseer: 30 Januarie 2018 8

Die suidewind van Namakwaland
die sleepmis van Skuinsbaai
en die droogte van die Wes-Kaap
die landskap herinner aan tonele uit die Namibwoestyn

Ons bid vir verbreking van die droogte
en vir ‘n terugdraai na God
totdat jy naak voor jouself staan
met albei voete op die…

soekend

Deur Datum gepubliseer: 30 Januarie 2018 8

elkeen besit dit
elkeen weet dit nie
elkeen kan dit geniet
elkeen kan dit ontwikkel

baie leef spreekwoordelik daarvoor
baie het geen besef van die waarde nie
baie kan meer daarvan maak in hulle lewens
baie kan leer daaruit en hulle lewens versterk

die wat dit besit leef
die wat dit…

‘n Flentertjie wit strand

Deur Datum gepubliseer: 29 Januarie 2018 7

Soms vaar my emosies
die oop see in
dat dit moeilik Is
om te onderskei
waar ek eindig
en jy begin
hoe sê ek hoeveel
ek jou bemin

Die oggendlig breek die nag se asem
draal deur my vensters-vol-lig nuut

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 119 gaste aanlyn

Bydrae Totale