Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Januarie 2018 Projek – Weerbegin en voornemens

En so breek ‘n splinter nuwe jaar aan; ‘n geleentheid vir ‘weerbegin’ en voornemens. Hierdie maand gaan ons met die varsheid van ‘n nuwe seisoen begin en ons daarop toespits om die opdragte interessanter en meer uitdagend te maak.

Vir die digters:
Skryf ‘n Sonnet met net EEN voorskrif. Jou vers moet met die woord ‘NUUT’ eindig.

Vir die storievertellers:
Skryf ‘n verhaal in derde persoon met die tema ‘NUUT’.

Vir die rubriekskrywers:
Skryf ‘n artikel oor enige ‘NUWE’ tegnologiese of mediese uitvinding of ontwikkeling.

Ek maak staat op jou uitsonderlike talent om ‘n treffer inskrywing te lewer.

Voorspoedige 2018

Skryf in Afrikaans, dis die regte ding om te doen!

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Groete
Projekbestuurder

Splinternuwe jaar

Deur Datum gepubliseer: 5 Januarie 2018 5

Aan die begin van nog onvoltooide eindes
kyk ek terug na die horison se skewe lyne
tot waar die son, met sy strale my naam skrywe
en ek ongemerk ‘n skoon droom oopskeur.

Want soms as mens nog ‘n kans kry
kan jy met vars kwashale oor jou hemelruim…

nuwe geluk

Deur Datum gepubliseer: 2 Januarie 2018 5

geluk is selde maklik
mense is soms so naar
wanneer kry jy klaar
dan raak jy ongemaklik

leer jy ook hoe swaar
geen woord is absoluut
kennis is nie altyd nuut
dalk ook nie eens waar

toe word ek ‘n rekruut
van evangeliese woord
en Hy maak alles nuut

©Teárlach

Januarie 2018 Projek – Weerbegin en voornemens

Deur Datum gepubliseer: 1 Januarie 2018 8

En so breek ‘n splinter nuwe jaar aan; ‘n geleentheid vir ‘weerbegin’ en voornemens. Hierdie maand gaan ons met die varsheid van ‘n nuwe seisoen begin en ons daarop toespits om die opdragte interessanter en meer uitdagend te maak.

Vir die digters:
Skryf ‘n Sonnet met net…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 116 gaste aanlyn

Bydrae Totale