Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Januarie 2018 Projek – Weerbegin en voornemens

En so breek ‘n splinter nuwe jaar aan; ‘n geleentheid vir ‘weerbegin’ en voornemens. Hierdie maand gaan ons met die varsheid van ‘n nuwe seisoen begin en ons daarop toespits om die opdragte interessanter en meer uitdagend te maak.

Vir die digters:
Skryf ‘n Sonnet met net EEN voorskrif. Jou vers moet met die woord ‘NUUT’ eindig.

Vir die storievertellers:
Skryf ‘n verhaal in derde persoon met die tema ‘NUUT’.

Vir die rubriekskrywers:
Skryf ‘n artikel oor enige ‘NUWE’ tegnologiese of mediese uitvinding of ontwikkeling.

Ek maak staat op jou uitsonderlike talent om ‘n treffer inskrywing te lewer.

Voorspoedige 2018

Skryf in Afrikaans, dis die regte ding om te doen!

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Groete
Projekbestuurder

Wenners: Januarie 2018 Weerbegin projek

Deur Datum gepubliseer: 8 February 2018 7

GEDIGTE:

1 ste plek: Anzé Bezuidenhout met ‘n Nuwe begin
2 de plek: Larissa Beukes met Gebede met bewende hande
3 de plek: Carma Shaw met Noudat gister verby is

Rubrieke:

1 ste plek: Ronel Janse van Vuuren met ‘n Nuwe plek om boeke te adverteer

Baie geluk aan…

My taal my trots

Deur Datum gepubliseer: 31 January 2018 6

Op drie skepe het jy aangekom
jou fondamente hier kom bou
waar fynbos en proteas blom
jou tot ń volk se taal ontvou

veelsydig en kleurvol
soos lelies in die veld
waar my gedagtes weghol
as ek waarheid met woorde laat geld

deur stampe en stote staan jy sterk
baklei jy…

‘n Warm melodie

Deur Datum gepubliseer: 31 January 2018 7

Met die veld se nabyheid
die wildesprei van pers blomme
loer agter die wolke ‘n nuwe maan
skitter talle sterre blou-wit oor die oseaan

Trippel ‘n ritsel windjie
duisende spoortjies van onthou
wat jou in ‘n gewigslose
vryheid omvou

Dit maak die vreugdes voller
ons hoop helderder
die rede om te…

Gebruikers Aanlyn

including 2 members, 86 guests online

Bydrae Totale