Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

INK-Slypskool

INK-slypskool

Baie welkom by INK se splinternuwe slypskool; waar ons aan digters die geleentheid gee om te groei in hulle eie skryfstyl.

Neem asseblief die volgende reëls in ag:

Deelname aan die INK-slypskool is GRATIS vir alle betalende INK-lede.
Slegs EEN gedig per digter PER MAAND mag onder hierdie afdeling vir opbouende kritiek gepubliseer word.

Die INK-moderator sal terugvoer gee oor spel,alle aspekte rondom taal en natuurlik ook oor die algehele struktuur van jou gedig.

Die INK-moderator mag ook persoonlike voorstelle aan die digter maak, maar dit bly die digter se keuse of hy/sy hierdie voorstelle aanvaar en aanwend.

GEEN inskrywings vir maandelikse projekte mag onder die INK-slypskool se afdeling gepubliseer word nie.

TANS word slegs gedigte aanvaar vir die slypskool, ons sal met tyd ook later stories, artikel en rubrieke hanteer.

Terugvoer kan tot en met 7 (sewe) dae neem.

Dankie vir jou samewerking en geniet die groei in jou eie skryfstyl.

Altyd dienswillig
Die uwe
Inkmoderator

Nommer asb!

Deur Datum gepubliseer: 7 Junie 2019 4

Die dae van klein
wees is verby
kettie is ‘n verlore seun
Barbie het al ‘n selfoon

Vingers wat daans
om woorde te tik
woorde van ‘n verlore tong
soos koppe gebuig staan
vasgevang in ‘n tegnologiese tronk

Onpersoonlike gesprekke
‘n doods’kis
‘n gees’telose verbal
‘n karak’terlose taal

Skiet my in die…

Soweto Winter

Deur Datum gepubliseer: 2 Junie 2019 4

Teen die stof droog
gras
droë gat teer pad
lê pandok omringde huise,
om arm met vuil plastiek
droë grond.

Lappe verskeurde los rokke
dun, te klein demin broeke
uitgewaste snotneuse, hemde
beweeg in vuil sand
dorre riviere.

Kraaie skree en pik,
om sag
vrot voedsel as
enigste bestaan.

Onbewus van keuse,

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 181 gaste aanlyn

Bydrae Totale