Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Desember 2016 tot 22 Januarie 2017 Projek: INK-gedenkbundel

Om vir ons getroue lede dankie te sê vir hulle lojale ondersteuning aan INK het ons baie goeie nuus hier by ons laaste projek vir 2016 . . . ‘n INK GEDENKBUNDEL!

Ink: Skryf in Afrikaans nooi alle digters en skrywers uit om deel van ons saamgestelde bundel te wees. Daar is geen kostes verbonde aan die inskrywings nie. Lede wat wel in die bundel voorkom sal die bundel kan aankoop en dan kan julle dit weer herverkoop sou jy dit verkies, teen ‘n wins. Daar is geen tema vir die bundel nie aangesien die beste werk van INK lede gebruik gaan word om die beste moontlik bundel saam te stel.

’n Maksimum van drie gedigte/artikels/verhale per lid gaan gebruik word. Die keuring van die publikasies sal deur die Inkmoderator van INK gedoen word. Elke lid is self verantwoordelik vir die taalversorging van sy/haar werk. Spelfoute SAL jou diskwalifiseer, maak dus 100% seker dat jy jou beste werk inskryf want die keuring gaan baie streng wees sodat ons die bes moontlike digbundel van die INK talent kan publiseer.

U kan vanaf 1 Desember tot 22 Januarie 2017 u gedigte vir evaluering voorlê, Koppel dit asb aan die Desember – Januarie projek by “Plaas ‘n nuwe publikasie”.
’n Naam vir die bundel sal op ‘n latere stadium bekend gemaak word.

Inkgroete

Paleis – Rebecca

Deur Datum gepubliseer: 27 Januarie 2017 5

“Voel dit vir jou ook kouer as ander dae Collin?” vra Marinda, met skrik in haar oë terwyl sy na die paleis kyk wat doer vêr agter die berge uitsteek as gevolg van die mus in die lug, haar neef weet sy is met die helm gebore, maar hy…

Jy het my verraai met iemand anders

Deur Datum gepubliseer: 27 Januarie 2017 5

Ek het my alles en baie meer gegee,
sodat jy beter kon leef.
Jou hart was my hart, jou seer was my seer,
maak nie saak wat tussen ons gebeur het nie,
ek het jou altyd vergeef.

Maar toe ek een klein foutjie maak toe wil jy my los,
alhoewel…

Die tuin gedig

Deur Datum gepubliseer: 27 Januarie 2017 5

Blommetjie, blommetjie, blommetjie so mooi,
ons almal hou mos van ‘n rosie bloedrooi.
Blommetjies plant is goeie terapie,
maar dis verbasend hoe sommige mense dit nie so kan sien nie.

Die son is vir…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 95 gaste aanlyn

Bydrae Totale