Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Desember 2016 tot 22 Januarie 2017 Projek: INK-gedenkbundel

Om vir ons getroue lede dankie te sê vir hulle lojale ondersteuning aan INK het ons baie goeie nuus hier by ons laaste projek vir 2016 . . . ‘n INK GEDENKBUNDEL!

Ink: Skryf in Afrikaans nooi alle digters en skrywers uit om deel van ons saamgestelde bundel te wees. Daar is geen kostes verbonde aan die inskrywings nie. Lede wat wel in die bundel voorkom sal die bundel kan aankoop en dan kan julle dit weer herverkoop sou jy dit verkies, teen ‘n wins. Daar is geen tema vir die bundel nie aangesien die beste werk van INK lede gebruik gaan word om die beste moontlik bundel saam te stel.

’n Maksimum van drie gedigte/artikels/verhale per lid gaan gebruik word. Die keuring van die publikasies sal deur die Inkmoderator van INK gedoen word. Elke lid is self verantwoordelik vir die taalversorging van sy/haar werk. Spelfoute SAL jou diskwalifiseer, maak dus 100% seker dat jy jou beste werk inskryf want die keuring gaan baie streng wees sodat ons die bes moontlike digbundel van die INK talent kan publiseer.

U kan vanaf 1 Desember tot 22 Januarie 2017 u gedigte vir evaluering voorlê, Koppel dit asb aan die Desember – Januarie projek by “Plaas ‘n nuwe publikasie”.
’n Naam vir die bundel sal op ‘n latere stadium bekend gemaak word.

Inkgroete

WENNERS: – INK gedenkbundel (Des & Jan projek)

Deur Datum gepubliseer: 2 Februarie 2017 9

Dit was een van die moeilikste projekte ooit om te beoordeel en ek, as moderator, wil elkeen bedank wat betrokke was vir die geweldige hoë standaard van al die inskrywings.

Baie geluk aan die volgende digters en skrywers!!

GEDIGTE:

1 ste: Anzé Bezuidenhout: Ligkaatser
2 de: Viooltjie: Verby die berge blou
3 de: Hermien…

Sambreel-liefde

Deur Datum gepubliseer: 27 Januarie 2017 8

“Gerhard het toe op die ou einde besluit om haar te vra om te trou”

Dit is nog ongeveer ‘n maand dan begin die heerlike somer en Gerhard kry baie koud sonder sy Saartjie langs hom, hy lê in die bed en verwonder homself aan haar mooi oë al…

Geheime bewonderaar

Deur Datum gepubliseer: 27 Januarie 2017 27

“Dis darem al Vrydag” sê Juanita vir haar man met ‘n glimlag op haar gesig. “Ja nee, en ek is darem die naweek af” antwoord Anton haar man terug. Naweke is altyd haar en Anton se tyd wat hulle saam spandeer en hierdie naweek gaan hulle in die…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 73 gaste aanlyn

Bydrae Totale