Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Desember 2016 tot 22 Januarie 2017 Projek: INK-gedenkbundel

Om vir ons getroue lede dankie te sê vir hulle lojale ondersteuning aan INK het ons baie goeie nuus hier by ons laaste projek vir 2016 . . . ‘n INK GEDENKBUNDEL!

Ink: Skryf in Afrikaans nooi alle digters en skrywers uit om deel van ons saamgestelde bundel te wees. Daar is geen kostes verbonde aan die inskrywings nie. Lede wat wel in die bundel voorkom sal die bundel kan aankoop en dan kan julle dit weer herverkoop sou jy dit verkies, teen ‘n wins. Daar is geen tema vir die bundel nie aangesien die beste werk van INK lede gebruik gaan word om die beste moontlik bundel saam te stel.

’n Maksimum van drie gedigte/artikels/verhale per lid gaan gebruik word. Die keuring van die publikasies sal deur die Inkmoderator van INK gedoen word. Elke lid is self verantwoordelik vir die taalversorging van sy/haar werk. Spelfoute SAL jou diskwalifiseer, maak dus 100% seker dat jy jou beste werk inskryf want die keuring gaan baie streng wees sodat ons die bes moontlike digbundel van die INK talent kan publiseer.

U kan vanaf 1 Desember tot 22 Januarie 2017 u gedigte vir evaluering voorlê, Koppel dit asb aan die Desember – Januarie projek by “Plaas ‘n nuwe publikasie”.
’n Naam vir die bundel sal op ‘n latere stadium bekend gemaak word.

Inkgroete

OMSLAG FOTO van die INK gedenkbundel

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2017 15

Die bundel is na die drukkers en behoort binne 4 – 6 weke gedruk te wees. Sodra die bundels ontvang is sal dit onmiddelik uitgestuur word aan al die lede wat bestel het. Daar is net 10 ekstra bundels bestel so indien daar nog iemand is wat belangstel om…

‘n Ellips soos ‘n deurstopper.

Deur Datum gepubliseer: 20 Maart 2017 6

Onderwyl ek besig is met die finale afronding van die gedenkbundel val daar ‘n spaander in die wiele, en moet ek (het nie ‘n keuse nie, die woordgode dwing my) ‘n wyle halt roep en ‘n rubberige saak aanroer. Soos die titel aandui sinspeel ek op die altyd-onnodige-oorbodige ellips…

AANDAG: ALLE INK LEDE & BELANGSTELLENDES (GEDENKBUNDEL – BESTELLINGS) INHOUDSOPGAWE BESKIKBAAR

Deur Datum gepubliseer: 2 Maart 2017 14

Goeiedag INKers

NEEM KENNIS: Die finale datum vir beskikbaarmaking van die INHOUSOPGAWE is 3 MAART 2017.  Ek moet verskoning aanteken dat dit so lank gevat het.  Hou hierdie spasie dop.

Gewysigde plasing: Hierdie plasing sluit die name in van al die lede wat tot dusver in die proeflopie van die bundel opgeneem…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 30 gaste aanlyn

Bydrae Totale