Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Desember 2016 tot 22 Januarie 2017 Projek: INK-gedenkbundel

Om vir ons getroue lede dankie te sê vir hulle lojale ondersteuning aan INK het ons baie goeie nuus hier by ons laaste projek vir 2016 . . . ‘n INK GEDENKBUNDEL!

Ink: Skryf in Afrikaans nooi alle digters en skrywers uit om deel van ons saamgestelde bundel te wees. Daar is geen kostes verbonde aan die inskrywings nie. Lede wat wel in die bundel voorkom sal die bundel kan aankoop en dan kan julle dit weer herverkoop sou jy dit verkies, teen ‘n wins. Daar is geen tema vir die bundel nie aangesien die beste werk van INK lede gebruik gaan word om die beste moontlik bundel saam te stel.

’n Maksimum van drie gedigte/artikels/verhale per lid gaan gebruik word. Die keuring van die publikasies sal deur die Inkmoderator van INK gedoen word. Elke lid is self verantwoordelik vir die taalversorging van sy/haar werk. Spelfoute SAL jou diskwalifiseer, maak dus 100% seker dat jy jou beste werk inskryf want die keuring gaan baie streng wees sodat ons die bes moontlike digbundel van die INK talent kan publiseer.

U kan vanaf 1 Desember tot 22 Januarie 2017 u gedigte vir evaluering voorlê, Koppel dit asb aan die Desember – Januarie projek by “Plaas ‘n nuwe publikasie”.
’n Naam vir die bundel sal op ‘n latere stadium bekend gemaak word.

Inkgroete

‘ Kersfeesgroete

Deur Datum gepubliseer: 26 May 2017 12

Helder somersonskyn
wens ek vandag vir jou.
Dat elke oomblik van Kersdag
met liefde om jou sal vou.
Dit is die dag van Jesus
ons redder en ons Heer.
Weet dat Hy in sy almag
ook oor jou pad regeer.

Dit is Jesus van Betlehem,
van Nasaret en Golgota.
En as dit om jou donker word
reik uit na Hom…

INKSPRAAK bundels is gepos op 10-05-2017

Deur Datum gepubliseer: 10 May 2017 8

Alle bundels is vandag gepos aan die lede wat bestel het.

Laat weet asb sodra julle die bunels ontvang het en stuur sommer n foto waas jy die bundel vashou vir ons by skryfafrikaans@ink.org.za

Weereens baie dankie vir al die lede wie se werk deel vorm van hierdie besondere bundel

Inkgroete

INKSPRAAK gedenkbundel is hier!!!

Deur Datum gepubliseer: 9 May 2017 10

Ek het vandag die digbundels van die drukkers ontvang en is vreeslik opgewonde daaroor! Vandag is ek sommer ERG trots op ons INK lede!!!

Die bundels is pragtig en dit is so spesiaal.

Ek pos more oggend al die lede wie reeds bestel en betaal het se bundels so julle kan…

Gebruikers Aanlyn

including 1 member, 60 guests online

Bydrae Totale