Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Februarie 2019 projek – TYD

Beste INKers

Ons is al voorwaar weer in die 2de maand van 2019, en dit wil blyk asof tyd vir niemand stilstaan nie.

Ons gaan dus die “uurglas” as tema in hierdie maand se projek aanpak.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig met uurglas as tema.
REËLS VIR DIE GEDIG:
1. Geen rym voorskrifte nie
2. Die titel hoef nie Uurglas te wees nie, maar dit moet streng tematies wees
3. Ondersoek nuwe en opwindende woorde en idees.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal oor die onderwerp. Daar is geen woord telling voorskrifte nie.

ARTIKELSKRYWERS:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n artikel oor die ontstaan en geskiedenis van die uurglas.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n meningstuk oor die kosbaarheid van tyd.

GORRELSKRYWERS:
Spoel jou mond oor hoe sekere mense, winkels en staatsdepartemente onnodig tyd verkwis. Probeer ook ‘n oplossing voorstel.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Sielwand (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 27 Februarie 2019 3

Deur die fyn glas van jou siel se wand
piramide jou lewenssand,
ontvang uit die Vader se hand,
beloftes van die hemelkant.
Noukeurig afgemeet:
‘n korrel of twee se leed,
dubbele maat van seën,
sewevoudigheid se vergeef,
skoonwas se reën,
‘n graafvol van leer.

Van die hemel se gee is…

TYD IS KOSBAARDER AS GELD

Deur Datum gepubliseer: 27 Februarie 2019 2

Geloof,gesondheid,liefde en tyd- hierdie dinge is kosbaarder as goud en BAIE meer werd as geld. Daar is ‘n spreekwoord wat lui ”:Tyd is geld.” Dit is gedeeltelik waar, want hoe harder jy werk hoe meer geld maak jy in die meeste omstandighede .Tyd is meer werd as geld. Wat…

AS GISTER WEER VANDAG KON WEES

Deur Datum gepubliseer: 27 Februarie 2019 Hou van

AS GISTER WEER VANDAG KON WEES

“Ma-a-a-a, maak asseblief die deur oop” roep Marlet vrolik deur die oop kombuis venster”. Sy staan op die sement blombak se rand om by te kom en spring vroik af toe ek antwoord met ‘n vrolike stem, “Ek kom”
Toe ek die voordeur…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 36 gaste aanlyn

Bydrae Totale