Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Februarie 2019 projek – TYD

Beste INKers

Ons is al voorwaar weer in die 2de maand van 2019, en dit wil blyk asof tyd vir niemand stilstaan nie.

Ons gaan dus die “uurglas” as tema in hierdie maand se projek aanpak.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig met uurglas as tema.
REËLS VIR DIE GEDIG:
1. Geen rym voorskrifte nie
2. Die titel hoef nie Uurglas te wees nie, maar dit moet streng tematies wees
3. Ondersoek nuwe en opwindende woorde en idees.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal oor die onderwerp. Daar is geen woord telling voorskrifte nie.

ARTIKELSKRYWERS:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n artikel oor die ontstaan en geskiedenis van die uurglas.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n meningstuk oor die kosbaarheid van tyd.

GORRELSKRYWERS:
Spoel jou mond oor hoe sekere mense, winkels en staatsdepartemente onnodig tyd verkwis. Probeer ook ‘n oplossing voorstel.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Vergete gisters

Deur Datum gepubliseer: 28 Februarie 2019 8

Elke korrel asem…
gly deur gister se vergeet
en boepens in sy oorvol
gedagtes wat stroom korrel
oor nou se toe en toe se nou

Sou ek jou korrel-koggel kon omdraai
om vergeet te herhaal –
waar sou jy korrel in my verhaal?

© Cornien Naudé
28/02/2019

Van uurglas tot wynvat

Deur Datum gepubliseer: 28 Februarie 2019 11

(goud)

kitkat en chips en hanepootdruiwe
eens had ek en my vriende
sulke uurglasie se lywe

maar wat sou dit baat
om dit te ontken
– tyd se verloop
het die groot stryd gewen

na dekades van eet
en met ’n leeftyd belas
kan byna almal van ons
in leë wynvate pas

want…

Van gister tot vandag

Deur Datum gepubliseer: 28 Februarie 2019 12

Die lug is helder blou, dis ‘n skoon sonnige dag. God het hierdie blou struktuur in die lug “hemel” genoem. Die groot man gryp sy blou rugsak, die groot man begin in die lug opstyg. Die vliegtuig gooi ʼn…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 100 gaste aanlyn

Bydrae Totale