Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Februarie 2018 – Liefdes projek

Al die kommersiële bohaai aangaande die maand van liefde kan ‘n demper plaas op die werklike skoonheid en waarde van die liefde, daarom is dit die plig van skrywers en digters om die liefde te omskryf soos dit werklik ervaar word.

Digters:
skryf in enige vorm ‘n gedig wat ware en werklike liefde omskryf sonder om in die strik van soetsappigheid te trap. Skep nuwe en opwindende metafore, neologismes en vergelykings om jou siening oor liefde te verwoord. Let op die basiese reëls van poësie maar dink en skryf vernuwend.

Skrywers:
Skryf ‘n vonkfiksie van nie meer as 200 woorde nie oor die wonder van ‘n eerste liefde.

Rubriekskrywers:
Skryf ‘n artikel oor die bestaansreg (al dan nie) van die gebruik van Valentynsdag in ons moderne samelewing.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

Weergaloos skaam-bang

Deur Datum gepubliseer: 27 Februarie 2018 7

Liefde het vlerke
dit laat jou denke
die sterre in die hemelruim gaan haal…

Of is dit vlerke van ‘n gier
soos ‘n voeëltjie wat ‘n nessie in jou kom bou
dit met sagte warm donsies versier
vir ‘n tydelike plesier

Soos ‘n verliefde paartjie
wat soos twee…

Die laaste keer

Deur Datum gepubliseer: 26 Februarie 2018 4

Stom lê my hande
hier voor jou
en dis moeilik in die oomblik
om te fokus op nou

Verdwaal in die vlam van liefde
liefde wat jou laat huil, laat baklei
drome van glas
van al die las en pas

Neem my
heel my
breek my
vind my

EENSAAM EN ALLEEN

Deur Datum gepubliseer: 25 Februarie 2018 9

Eensaam en Alleen

As ek aan jou dink
klop my hart vinnig en verwoed
my gedagtes maal deur my kop
verdwaal in my eie verhaal

na sielskos wat my voed
lê jy swaar in my eie gemoed
so hinker my hart en siel
na liefde wat verdwyn

ek woed in eensaamheid
bitter…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 49 gaste aanlyn

Bydrae Totale