Jongste aktiwiteit:

ProjekteDesember 2019 projek – Dans asof niemand kyk nie

Beste INKers

Gun my allereers die geleentheid om een en elkeen ‘n geseënde feesseisoen, ‘n ongeëwenaarde rus en ‘n genadevolle 2020 toe te wens.
Ek is dankbaar vir elkeen wat op INK betrokke is en bevoorreg om te deel in die vreugde dat elkeen vir hulle geliefdes uitgespaar is om nog ‘n feesperiode te deel.
Baie geluk aan elkeen wat hierdie jaar in hul veld presteer het en mag die meetsnoere in lieflike en vrugtevolle plekke val.

Hierdie maand se projek is, inlyn met die feestelike atmosfeer, eenvoudig en gemaklik.
Die tema is: “Dans asof niemand kyk nie.”

Alle afdelings, hetsy poësie, prosa, verhale, rubrieke en ook gorrels, sal die doodeenvoudige tema interpreteer en ‘n besonderse werk voorlê.
Daar is geen inkorting, reëls of regulasies nie. Gee jou verbeelding vrye teuels.

Wees gelukkig, geniet jouself en skryf in Afrikaans.

Fees- en skryfgroete
Projekbestuurder
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Baie geluk aan hierdie 9 lede! WENNERS           GEDIGTE             BRONS WENNER No 12 – Theresa Postma met Laaste dans van Grovenor 2DE No 16 – Amanda Meyer De Meillon met Laaste dans met Pa 3DE No 13 – Marsofine Krynauw met Uitgespreide siervere   SILWER WENNER No 19 – Charleine Collins met Sy dans 2DE No […]

Die dekseltjie lig stadig, tergend en wys skelmpies, asemrowend, die tintelende geheimenis van waar die fynste engel-feëtjie skuil as sy weg van die wêreld is. Die plaatjies begin een-een pluk aan tandjies van die orreltjie en saam met die wyer oop neem Für Elise soos ‘n klokkie, kristalklank, sy oorbekende loop. Die kleinste, kleinste dansertjie […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed