Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Desember 2019 projek – Dans asof niemand kyk nie

Beste INKers

Gun my allereers die geleentheid om een en elkeen ‘n geseënde feesseisoen, ‘n ongeëwenaarde rus en ‘n genadevolle 2020 toe te wens.
Ek is dankbaar vir elkeen wat op INK betrokke is en bevoorreg om te deel in die vreugde dat elkeen vir hulle geliefdes uitgespaar is om nog ‘n feesperiode te deel.
Baie geluk aan elkeen wat hierdie jaar in hul veld presteer het en mag die meetsnoere in lieflike en vrugtevolle plekke val.

Hierdie maand se projek is, inlyn met die feestelike atmosfeer, eenvoudig en gemaklik.
Die tema is: “Dans asof niemand kyk nie.”

Alle afdelings, hetsy poësie, prosa, verhale, rubrieke en ook gorrels, sal die doodeenvoudige tema interpreteer en ‘n besonderse werk voorlê.
Daar is geen inkorting, reëls of regulasies nie. Gee jou verbeelding vrye teuels.

Wees gelukkig, geniet jouself en skryf in Afrikaans.

Fees- en skryfgroete
Projekbestuurder
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

DANS DANS MEISIE

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2019 1

(Brons. 1625 woorde)

Annelie kyk stip na die goue bord op die koningsblou tafeldoek. Haar hande is styf inmekaar gevou op haar skoot. Die versoeking is baie groot om nie nou ’n sluk van haar vonkelwyn te vat nie. Nie dat mens hel toe sal gaan as jy onder…

Ek groet 2019

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2019 2

Dis die laaste dag van die jaar . . .

‘n dag soos enige ander
wat kom en weer sal gaan
vaalwit spoegwolkies
beklad die kobaltblou lug
asof die aarde
met staccato-wasem sug

die kwik sal styg
sweet pêrel op vlees
terwyl veld en dier
dorstig na water hyg

‘n jaarsak tot…

Dans asof niemand kyk nie.

Deur Datum gepubliseer: 30 Desember 2019 3

DESEMBER 2019 PROJEK – DANS ASOF NIEMAND KYK NIE

Rubriek

Deur Marlene Erasmus

ʼn Baie ou bekende gesegde lui so: “Dans asof niemand kyk nie, gee liefde asof jy nog nooit seergekry het nie en sing asof niemand jou hoor nie.” Ten laaste ook: “Leef asof dit hemel op aarde is…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 95 gaste aanlyn

Bydrae Totale