Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Desember 2018 projek

Beste INKers

Desember het ons getref soos ‘n hamer teen ‘n aambeeld.

Ek wou nog altyd die onderwerp “laaste strek en einde” ondersoek in die dig- en skryfkuns. Dit mag dalk net die regte tyd hiervoor wees.

DIGTERS:

Die tema is slegs ‘n voorstel as konsep en is nie bedoel om jou titel te weerspieël nie. Skryf ‘n vryvers (rymloos) oor die tema. Daar is geen verdere voorskrifte nie. Maak die leisels los en bederf ons met jou talent.

VERHAALSKRYWERS:

Ons sien min sporttema stories op INK. Gebruik die onderwerp en skryf ‘n sportstorie. Daar is geen verdere voorskrifte nie. Laat jou talent ons betower.

RUBRIEKSKRYWERS:

Skryf ‘n rubriek oor die laaste strek voor ‘n doel bereik word.

ARTIKELSKRYWERS:

Skryf ‘n artikel oor iemand in die geskiedenis wat in die laaste strekke van hul lewe steeds ‘n ongelooflike bydrae gemaak het, soos byvoorbeeld Stephen Hawking.

Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

NAG VAN VREES

Deur Datum gepubliseer: 27 Desember 2018 1

NAG VAN VREES

Nag van vrees sal ek nooit vergeet
my lewe was in ‘n stywe greep
toegesluit soos in ‘n kluis
drie skelms is nou in my huis

net hier in my pikdonker gang
wag ek in angs soos ‘n bakkop slang
gaan hulle my vermoor of vang
ek was…

MY BESTE TYD

Deur Datum gepubliseer: 27 Desember 2018 5

MY BESTE TYD

My beste tyd in my lewe
my passie waarna ek strewe
so hard gewerk in die proses
eie digbundel met groot sukses

al my drome en gebeure
my lewe in helder kleure
met groot geopende deure
dis die beste tyd in my lewe

hierdie boek is my begin

Bitternag

Deur Datum gepubliseer: 22 Desember 2018 3

Ondier, ondier my ding
die mislug skitter hemelhoog
die sekelmaan spook oor die berge
jy sit saam met Elia onder die besembos
en kla oor te veel van genoeg en te min van te veel
ek strek my hand na die nag en pluk die blinkste ster vir jou

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 81 gaste aanlyn

Bydrae Totale